Gaurtrein loop dalk in Desember

Die Gautrein kan dalk al teen Desember op die spoor by die O.R. Tambo-lughawe in Kempton Park te sien wees.

Nomvula Mokonyane, Gautengse premier, het verlede week die eerste keer op die 7 km lange toetsspoorlyn in Midrand ‘n rit van 160km/h op een van die treine geneem.

Dit is egter nog nie seker of die Gautrein-skakel tussen Sandton en die lughawe betyds vir die Wêreldbeker-sokkertoernooi klaar gaan wees nie.

Die projek moet op 27 Junie 2010 – twee weke ná die aanvang van die toernooi – voltooi wees ingevolge die kontrak tussen Bombela en die provinsiale regering.

’n Besluit om die eerste fase te vervroeg sal afhang van kostes.

Die Gautreindepot is in Midrand. Die 24 treinstelle en 125 busse gaan by die depot in stand gehou, versien en skoon gehou word.

Gautrein se operasionele beheersentrum is ook by die depot met die sinjaalstelsel en kringtelevisiekameras wat van daar af beheer word.

 

slotsДанильченко Юрий Брониславович

Maak 'n opvolg-bydrae