Die borrelende Deense meisie, Caroline Wozniacki, het uiteindelik die raaisel van die tienersensasie, Melanie Oudin, by die Amerikaanse Ope, ontrafel. Wozniacki, self maar 19 jaar oud, het die kwarteindrondte tussen dié twee met 6-2 en 6-2 gewen. Daarmee het sy oor 'n hekkie geseil wat vier Russe in 'n ry, insluitende Elena Dementewja en Maria Sjarapowa, beide voormalige Amerikaanse-Ope-kampioene, laat neersloeg het.
Lees verder: Wondertiener Melanie Oudin se Groot Amerikaanse droom is oor
