‘Kill the f…ing whites now!’

Die burgerregte-inisiatief AfriForum gaan die administrateur van die PAC se Facebook-groep, Anwar Adams, voor die Gelykheidshof daag indien Adams nie die oproepe om wittes te vermoor teen môreoggend (26 Februarie 2010) om 10:00 van Facebook verwyder nie.  AfriForum se ultimatum volg nadat Adams op Facebook aangedui het dat hy nie ene Ahmed El Saud se

Lees verder: ‘Kill the f…ing whites now!’

Bulls se ondersteuners swart

Die Oasis-batebestuurmaatskappy het aangekondig dat hulle hul bestaande multi-miljoen rand borgskap van die Bulls vir vyf jaar gaan hernu. As die enigste maatskappy onder swart bestuur en besit wat ‘n Super14-rugbyspan borg, staan die Oasis-groep aan die voorpunt van rugbytransformasie. “Ons het besluit om voort te gaan met dié verhouding omdat ons as ‘n kampioenhandelsmerk

Lees verder: Bulls se ondersteuners swart

Van Gogh ontdek

‘n Skildery wat herontdek is en wat glo deur Vincent Van Gogh geskilder is, word tans in ‘n museum in Nederland tentoongestel. Deskundiges glo dat Le Blute-fin meul, ‘n kleurvolle skildery van mense by ‘n windmeul in Parys, in 1886 deur die Nederlandse kunstenaar geskilder is. Ralph Keuning, direkteur van die Museum de Fundatie in

Lees verder: Van Gogh ontdek

Landbouwette gaan hersien word

Veertien landbouwette van vóór 1994 en alle landbouwette wat na 1994 gepromulgeer is, gaan hersien word, het die minister van landbou gesê. Tina Joemat-Petterson, minister van landbou, bosbou en visserye, was een van die sprekers by ‘n konferensie van Agri SA in Somerset-Wes. Sy het gesê die wette is verouders en ontoepaslik. Volgens haar “neem

Lees verder: Landbouwette gaan hersien word

Orkney-myn brand

‘n Brand het Woensdag by die Aurora Empowerment Systems’ Orkney Myn, wat deur Nelson Mandela se kleinseun Zondwa Mandela bestuur word, uitgebreek, het die maatskappy gesê. Die maatskappy het Donderdag in ‘n verklaring gesê dat “alle personeellede veilig ontruim is na die sistematiese uitvoering van die myn se noodprosedure.” Die departement van minerale hulpbronne (DMR)

Lees verder: Orkney-myn brand

Wie is die mees suksesvolle waghond?

As deel van die grondwetlike wigte en teenwigte het die Menseregtekommissie tot stand gekom. Tog kon dié kommissie selde oortuig, en veral die Bloemfonteinse kantoor is voortdurend in die spervuur. Nou is die Kommissie ook daarvan beskuldig dat dit die skikkingsproses rondom die Reitz-vier doelbewus laat skipbreuk ly het, en dit is moeilik om tot

Lees verder: Wie is die mees suksesvolle waghond?

LG-wasmasjiene herroep

Die internasionale onderneming, LG Electronics in Suid-Korea het Woensdag ’n kennisgewing uitgereik dat hulle een miljoen wasmasjiene wat reeds verkoop is, herroep nadat ’n kind dood in een van hulle modelle aangetref is. LG het in ‘n verklaring gesê hulle wil deurslotte op van hulle modelle wat tussen Augustus 2003 en Oktober 2008 gemaak is,

Lees verder: LG-wasmasjiene herroep

Yahoo gaan Twitter

Yahoo beplan om Twitter by sy versameling van webblaaie in te sluit om sy aanlynaanbod mbv sosiale netwerke op te kikker. Dié vennootskap sal internetgebruikers toelaat om Twitter boodskappe direk in Yahoo blaaie te sien en ook om hulle eie Twitter boodskappe, of te wel Tweets, te stuur sonder om uit Yahoo uit te teken.

Lees verder: Yahoo gaan Twitter