Die internasionale onderneming, LG Electronics in Suid-Korea het Woensdag ’n kennisgewing uitgereik dat hulle een miljoen wasmasjiene wat reeds verkoop is, herroep nadat ’n kind dood in een van hulle modelle aangetref is.
LG het in ‘n verklaring gesê hulle wil deurslotte op van hulle modelle wat tussen Augustus 2003 en Oktober 2008 gemaak is, vervang sodat deure van die binnekant oopgemaak kan word.
Die onderneming het ook besluit om ‘n veldtog te loods waartydens kinders oor die veiligheidsrisiko’s van ‘n wasmasjien ingelig sal word.
Dié stappe kom slegs dae nadat ‘n sewe-jarige seun dood binne een van LG se modelle in Daejeon aangetref is.
Die modelle wat herroep word, was net in Suid-Korea verkoop, het LG gesê.
