Bheki Cele, nasionale polisiekommissaris, “respekteer” President Jacob Zuma se besluit om hom te skors, het sy kantoor Maandag gesê. “Die nasionale kommissaris van polisie, genl. Bheki Cele, neem kennis van en respekteer die president se besluit. Hy is besonder vol vertroue dat hy die beskuldigings van die opkomende ondersoek geheel en al sal kan weerlê,”
Afgedank na kredietkaartongerymdhede, nou DA-lid
Besigheid Teen Misdaad (BTM) se afgedankte baas het R37 000 van die organisasie se geld op inkopies geblaas. BTM, ook in Engels bekend as Business Against Crime (BAC), is ‘n voertuig wat deur die land se sakegemeenskap geskep is om misdaad te beveg en hulle kry miljoene in skenkersfondse. Die besturende direkteur van BTM in
Lees verder: Afgedank na kredietkaartongerymdhede, nou DA-lid
VF verwelkom skorsings van ministers
Pres. Jacob Zuma se aankondiging dat hy die nasionale kommissaris van Polisie, Bheki Cele, geskors het hangende ‘n ondersoek en die afdanking van die minister van Openbare Werke, me Gwen Mahlangu-Nkabinde asook die van mnr. Sicelo Shiceka, minister van samewerkende regering, word deur die Vryheidsfront Plus verwelkom. As een van die regspersone wat die klag
VF-petisie was tolhekke se doodsteek
“Die Vryheidsfront Plus verwelkom die minister van vervoer, mnr. S’bu Ndebele, se besluit om die implementering van die Gauteng-tolhekprojek uit te stel. Volgens die minister gaan daar eers in Februarie 2012 ‘n besluit oor die tolgelde geneem word. “Die VF Plus is van mening dat die inhandiging van meer as 100 000 geouditeerde protes-handtekeninge by
‘DA nie kampvegter vir Afrikaners nie’
Die Gautengleier van die Vryheidsfront Plus en LPW, mnr Jaco Mulder is tydens die party se provinsiale reorganisasie die naweek in Meyerton, Midvaal onbestrede as VF Plus leier van die provinsie herkies. Adv Anton Alberts, LP en Dr Conrad Beyers, raadslid in die Tshwanemetro is as ondervoorsitters verkies. Mulder het tydens hierdie geleentheid gesê dat
Moslemekstremiste gaan verkiesing in Tunisië wen
Hulle staan geduldig en stil in toue vir ure en wag om te stem. “Ons ly in die warm son,” sê een kieser, “Maar dit is ‘n pragtige soort lyding”. Op die vraag van die BBC-korrespondent Allan Little oor wie gaan wen, sê ‘n ander: “Ons gaan almal wen. Dit is ‘n vrye verkiesing. Dit
Lees verder: Moslemekstremiste gaan verkiesing in Tunisië wen
Libië se NOR omarm Sjaria-wette
Moestafa Abdoel-Jalil, die voorsitter van die Nasionale Oorgangsraad en aangewese president, het reeds verklaar dat Libiese wette in die toekoms die Islamitiese kode, oftewel Sjaria, sal navolg. Mnr Abdoel-Jalil het spesifiek die onmiddellike opheffing van ‘n verbod op poligamie wat kol. Gaddafi ingestel het, aangekondig. Dit is ‘n slag vir diegene wat gehoop het om
Dodelike aardbewing ruk Turkye
Staathoofde het hul meegevoel uitgespreek met Turkye ná ‘n verwoestende aardbewing die ooste van die land dié naweek getref het. Volgens die Franse nuusagentskap, AFP is die amptelike dodetal reeds minstens 217, met honderde wat beseer is. Reddingspanne het deur die nag gewerk om oorlewendes te red wat onder die puin vasgekeer was. Vroeg Maandagoggend
Cosatu prys DA oor tolbesluit
Die sekretaris-generaal van Cosatu, Zwelinzima Vavi, het vir Helen Zille geprys vir die DA se houding teenoor hoë tariewe. Die ministerie van vervoer sê die optrede is daarop gemik om meer ruimte te skep vir oorlegpleging met gemeenskappe wat deur die konstruksie van tolpaaie geraak sal word. Die konstruksie van tolpaaie op die N-een in
Gaddafi se dood bedenklik
Daar bestaan ‘n hele aantal onbeantwoorde vrae rondom Navo se optrede tydens die aanval op Moeammar Gaddafi se konvooi, het die Russiese minister van buitelandse sake, Sergei Lavrov, gesê. “Die manier waarop Gaddafi dood is laat ‘n klomp vrae onstaan,” het Lavrov gesê. “Daar moet na Navo se aksies gekyk word in die lig van
