Libië se NOR omarm Sjaria-wette

Moestafa Abdoel-Jalil, die voorsitter van die Nasionale Oorgangsraad en aangewese president, het reeds verklaar dat Libiese wette in die toekoms die Islamitiese kode, oftewel Sjaria, sal navolg.

Mnr Abdoel-Jalil het spesifiek die onmiddellike opheffing van ‘n verbod op poligamie wat kol. Gaddafi ingestel het, aangekondig.

Dit is ‘n slag vir diegene wat gehoop het om te sien dat Libië se ekonomie verder integreer in die Westerse wêreld en die land se nuwe “vryheid” aangekondig het.

Hy het ook aangekondig dat daar in die toekoms bankregulasies oor die heffing van rente sal kom, in lyn met Sjaria. “Rente skep siekte en haat tussen mense,” het hy gesê.

Lande soos die Verenigde Arabiese Emirate, en ander Moslemlande, is die pioniers in die ontwikkeling van die Sjaria-bankwette wat nie rente vra nie, maar fooie hef.

In die eerste plek sal rente op lae-waarde lenings heeltemal opgehef word, het Abdoel-Jalil gesê.

Libië behou steeds die verbod op die verkoop van alkohol. Mnr Abdoel-Jalil se besluite is geneem sonder dat enige demokratiese proses dit voorafgegaan het.

Konserwatiewe Moslems het ‘n sterk rol in opposisie teenoor Gaddafi se heerskappy gespeel en tydens die opstand.

 

 

Фильчаков прокурор харьков

Maak 'n opvolg-bydrae