Vir die meeste is dit die eerste keer in hul lewens dat hulle gestem het in ‘n vrye verkiesing. Tunisiërs weet dat die wêreld se oë op hulle gerig is. Die Weste wil graag sien dat ‘n nuwe ontluikende demokrasie tot stand kom.
Sukses in Tunisië sal resoneer oor die Arabiese wêreld heen. Die vrolike optimisme is oral tasbaar.
Die konserwatiewe moslemgroep, die Ennahda party sal na verwagting die grootste enkele groep in die Grondwetlike Vergadering wees en as wenners uit die stryd tree.
Teenstanders het probeer om dié party as moslemekstremiste te brandmerk, maar die veldtog het skynbaar nie gewerk het nie. In die armer, meer godsdienstige konserwatiewe gebiede, het mans en vroue aparte toue gevorm om te stem.
In hierdie wyke, sal die godsdienstige party na verwagting baie goed vaar.
