Volgens media-analiste trek Zimbabwe se ekonomiese verval die land in die Donker Eeue in. Koerante, radio en televisie gaan deur 'n fantasmagoriese inflasiekoers wat in die miljoene persent loop gekelder word en daarmee saam die wêreld van inligting. Koerante het te duur geraak vir almal behalwe ‘n klein handjie vol terwyl die staatsbeheerde radio en televisie se monopolieë deur kragonderbrekings geteister word, het die Media Moniteringsprojek van Zimbabwe (MMPZ) gesê.
Zimbabwe media weer terug in Donker Eeue

Die jongste voorval van studentepret toe een of meer Potchefstroomse studente 'n Facebook-groep met die woord "houtkop" daarin begin het, is – soos in die Reitzvideogeval – met uitroepe van verontwaardiging en morele meerderwaardigheid begroet.
'n Nuwe rasherrie het uitgebreek, dié keer nie oor 'n kampusvideo nie, maar rondom 'n tiental studente wat 'n Facebook-groep met die titel "ek laaik nie 'n h..tkop nie, sou what" begin het.