Geld kon nie IOK ‘koop’ nie

Die Internationale Olimpiese Komittee, IOK, se president Jacques Rogge het Maandag gesê die bewys dat geld nie alles kan koop nie, is dat die keuse op Rio vir die 2016 Olimpiese Spele geval het. As geld ‘n kwessie was, het hy gesê, sou Chicago loshande gewen het. “As ons gedink het daaraan om ‘n klomp

Lees verder: Geld kon nie IOK ‘koop’ nie

Wêreldbank se geld raak op

Die Wêreldbank, wat gewoonlik steun aan arm lande verleen, moes soveel kontant uitdeel ná die globale finansiële krisis dat dit ‘n tekort vir nuwe projekte oor die volgende 12 maande ondervind. “Teen die middel van aanstaande jaar gaan ons ernstige beperkinge ervaar,” het die voorsitter van die Wêreldbank, Robert Zoellick, gesê tydens die loodsing van

Lees verder: Wêreldbank se geld raak op

Chuene-ondersteuner skree ook ‘rassisme’

Hendrick Mokganyetsi, die hoof van Atletiek Suid-Afrika, ASA, se atletekommissie, het Maandag sy steun vir ASA se beleerde president, Leonard Chuene, uitgespreek. “Chuene is en bly die president van ASA, waarvan ek ’n raadslid is. Natuurlik ondersteun ek hom.” Mokganyetsi het verder in ’n verklaring gesê dat hy gekant is teen ’n wegbreekkommissie binne die

Lees verder: Chuene-ondersteuner skree ook ‘rassisme’

Soektog na slagoffers afgelas

Die soektog na aardbewing-slagoffers in die verwoeste Indonesiese stad Padang is ná ‘n soektog van vyf dae afgelas. Priyadi Kardono, woordvoerder van Indonesië se rampbestuuragentskap, het Maandag bevestig dat die soektog na oorlewendes afgelas is. ‘n Aardbewing wat 7.6 op die Richterskaal registreer, het vyf dae gelede die Soematra-eiland geruk. “‘n Poging om oorlewendes te

Lees verder: Soektog na slagoffers afgelas

Noorweë is die lekkerste plek op aarde

Suid-Afrika was maar 129ste op die lys van 182 lande wat lekker is om in te woon en Noorweë is die heel lekkerste. Noorweë is aangwys as die beste land in die wêreld om te woon deur ’n verslag van die Verenigde Nasies wat maandag Maandag vrygestel is uit data van 2007. Australië is in

Lees verder: Noorweë is die lekkerste plek op aarde

Swaziland het die kolonialisme voorlopig oorleef

Die grootste enkele skade wat die Britse kolonialisme en imperialisme in Afrika gedoen het, is om die Westminster-stelsel van een-mens-een-stem op ‘n andersoortige sosiale werklikheid af te forseer. Die resultaat is dat vreemde ideologieë (sosialisme, kapitalisme, ens.) binne ‘n veelpartystelsel die stamgerigte sosiale orde ontwrig en selfs vernietig het. Een van die weinige Afrikalande wat

Lees verder: Swaziland het die kolonialisme voorlopig oorleef