Saccawu gaan teen Woolworths in Durban betoog

Saccawu gaan Vrydag in Durban teen die anti-vakbondhouding van Woolworths betoog.

Saccawu het gesê die Kwazulu-Natalse optrede sal deur soortgelyke betogings in Kaapstad gevolg word, wat vir aanstaande week beplan word.

Woolworths-werkers eis die begin van onderhandelings oor 'n erkenningsooreenkoms, debietorderfasiliteite en toegang tot die maatskappyperseel om wettige vakbondbesigheid te bedryf.

Hulle het gesê die maatskappy hou aan met sy taktiek om Saccawu-lede te intimideer.

'n Opmars deur die strate van Johannesburg is verlede week gehou.

Woolworths sê Saccawu het minder as 15% verteenwoordiging en hulle glo nie dit is genoeg nie.

сканерлобановский супермаркет класс

Platinum is ‘n metaal wat min begrip kry

ImageDie platinumgroepmetale wek min begrip maar daarsonder kan die wêreld nie funksioneer nie, sê platinummynbaas Brian Gilbertson.

Gilbertson het by die notering van sy nuwe Pallinghurst Resources-maatskappy op die hooflys van die Johannesburgse Aandelebeurs gepraat.

Gilbertson het gesê dat alhoewel dit goed bekend is dat platinum in motorkatalisators en juweliersware gebruik word, is die ander aanwendings minder bekend.

Hy het gesê daar sou geen veselglas, olieraffinering en stikstofryke kunsmis gewees het daarsonder nie en ongeveer 20% van alle verbruikersprodukte sou verdwyn het.

Hy het gesê dit is 'n element van kritieke belang en 80% van die wêreld se reserwes is in Suider-Afrika.

Gilbertson het die platinumgroepmetale 'n groep metale genoem met 'n wonderlike toekoms.игра для мальчиков 7 летлобановский обыск

Stootskraper maak amok

'n Werknemer van die 44-jarige Neels Loubser, 'n uitvoerende direkteur van die Letaba-landgoed buite Tzaneen, het oor die naweek berserk geraak agter die stuur van 'n stootskraper.

Ná 'n besoek aan die sjebien en moontlik onder die invloed van dagga het hy chaos veroorsaak.

Hy het deur 'n elektriese heining en 'n motorhuis gery. Toe het hy sy werkgewer se vrou se motor met die stootskraper opgelig terwyl sy en haar twee dogters nog binne was.

Sy het uitgeval en moes 'n operasie aan haar linkerbeen ondergaan aangesien sy ernstig in die aanval beseer is.

Dogters het veilig weggekom.

Die man staan nou tereg op 'n klag van poging tot moord.

справку оФільчаков прокурор

Metropolisieman deur kamera uitgevang

'n Johannesburgse metropolisieman is in die moeilikheid nadat hy op kamera uitgevang is dat hy omkoopgeld ontvang het.

Die Nuwe Killarney-Riviera-vereniging, asook Veiligheidsraadgewers en Gevorderde Implementerings verskaf 24-uur-kameramonitering in Killarney.

Een van die kameras het die polisiebeampte afgeneem waar hy omkoopgeld van 'n taxibestuurder ontvang.

Raadslede is verbaas deur hoe openlik die transaksie uitgevoer is.

Die metropolisie sê 'n ondersoek sal onderneem word.

Indien dit bewys word dat hy wel die geld aanvaar het, sal stappe geneem word.golden wedding accessoriesФільчаков прокурор

Nigeri? en Suid-Afrika is die hoofprodusente van kweekhuisgasse in Afrika.

Hulle is verantwoordelik vir byna 90% van die uitlaat op die vastelande, meen omgewingsdeskundiges.

Nigerië produseer byna 45% van die kweekhuisgasuitlaat in Afrika van sy gasverbranding deur oliemaatskappye in die Nigerdelta terwyl Suid-Afrika net soveel deur nywerheidsbesoedeling opwek.

Die direkteur van die Nigeriese kantoor van die Heinrich Boell Stiftung, 'n Duitse omgewings-NRO, sê dat Nigerië 20 miljard kubieke meter gasverbranding per jaar uitvoer, wat dit tweede ter wêreld na Rusland maak.

'n Woordvoerder vir die Wêreldwye Fonds vir die Natuur sê die uitlaat van die twee Afrikalande is weglaatbaar klein vergeleke met die 150 jaar van besoedeling vanuit Europa.

big bad wolf slot machinetopcargo кидалы

IVP verwerp samesmelting met die ANC

ImageDie Inkatha-vryheidsparty ondersteun sy leier Mangosuthu Buthelezi se verwerping van samesmelting met die ANC.

In 'n besluit wat deur die party se jaarkonferensie in Uludi aangeneem is, sê Inkatha dat hy en die ANC as mededingende politieke bewegings moet voortgaan.

Hulle het gesê dat daar geen samesmelting met die ANC of enige ander politieke party hoegenaamd sal wees nie.

Die toenadering tot die IVP is deur die ANC-president Jacob Zuma gesoek.

Hy het gesê dat so 'n stap blywende vrede in die provinsie sal bewerkstelling, veral in die aanloop tot aanstaande jaar se algemene verkiesing,

продажа светотехникиФильчаков Александр Васильевич

Die polisie gaan maksimum geweld gebruik

Die polisie gaan maksimum geweld gebruik indien hulle vasgekeer word.

Die adjunkminister van veiligheid en sekuriteit Susan Shabangu het gesê indien die polisie of die gemeenskap onder vuur verkeer, behoort hulle nie te huiwer om op dieselfde manier te reageer nie.

Sy het gesê hulle kon nie toelaat dat polisiebeamptes lamme ter slagtingn word nie.

Sy het gesê dat indien die polisie gedood word, gemeenskappe in vrees sal lewe en terselfdertyd vertroue in die polisie se vermoë om hulle te beskerm sou verloor.

Die adjunk-nasionale kommissaris Magda Stander het gesê moord op polisiebeamptes is onhoudbaar.

диагностическое оборудование автоданильченко юрий брониславович прокурор

Suid-Afrika onder druk om Indiese kernprogram te stuit

Suid-Afrika word deur anti-kernkraggroepe gevra om Indië se poging teen te staan om kernbrandstof en -tegnologie aan te koop.

Die Pelindaba-werksgroep het op 'n beroep op Suid-Afrika se minister van buitelandse sake gedoen om Indië se vrystelling van die Kernverskaffersgroep van 45 lande se reëls teen te staan.

Die koördineerder van die PWG Dominique Gilbert sê dat Indië vrystelling wil hê van 'n ooreenkoms wat die land in 2006 met die Verenigde State aangegaan het.

Suid-Afrika het blykbaar Indië van sy onvoorwaardelike steun in die saak verseker.

Gilbert sê dat die Amerikaans-Indiese ooreenkoms daarop neerkom dat Indië die voordele van 'n kernwapenstaat ontvang, ondanks die feit dat Indië kerwapens buite die kernsperverdrag om ontwikkel het.

Die Pelindaba-werksgroep is 'n lid van die nasionale koalisie teen kernkrag.

светильник круглый встраиваемый светодиодный downlightФільчаков прокурор

SA staar geweldige verstedeliking in die gesig

ImageMiljoene mense is besig om in krotbuurte buite stede en dorpe regoor die land in te trek.

Suid-Afrika staar verstedeliking op 'n geweldige skaal in die gesig soos wat mense teen 'n koers van meer as 'n miljoen per jaar instroom.

Dit het veroorsaak dat byna 3 000 krotbuurte ontstaan het, volgegns die minister van veiligheid en sekuriteit Charles Nqakula.

Die PWV-gebied het 639 krotbuurte. Dit word gevolg deur Kwazulu-Natal met 618 en die Ooskaap met 416.

'n Studie wat deur die departement van behuising onderneem is, het onthul dat tussen 1996 en 2001 5,5 miljoen mense oor Suid-Afrika getrek het.

Dié interne migrasie, tesame met 'n vloedgolf onwettige immigrante oor Suid-Afrika se grense heen, veroorsaak 'n ernstige probleem vir wetstoepassing.

тамбов пеногенераторы,Фільчаков прокурор

Ramos ontken dat sy die see verkoop het

Die hoofuitvoerendebeampte van Transnet, Maria Ramos, sê dat die voorbladberig in die Sunday Times wat beweer dat haar maatskappy die see verkoop het, vals. misleidend, onverantwoordelik en lasterlik is.
Die semistaatsmaatskappy Transnet ontkent dat dit 'n deel van Tafelbaai aan beleggers verkoop het.

Ramos het ook bewerings verwerp dat wesentlike inligting van sekere bieërs in die Waterfronttransaksie weerhou is, of dat die wenbieër toegelaat is om sy bod te verhoog.

Sy het die suggestie dat Transnet 'n R20-miljardrandeis in die gesig kon staar indien wetgewing deurgaan om kusgebiegrond openbare eiendom te maak, verwerp.

Die Sunday Times staan by sy storie.

детскіє ігрипрокурор Фильчаков