Die voormalige Sharks en Franse losskakel, Frederic Michalak is tot Frankryk se rugbyspan herroep nadat dié veelsydige speler sy land laas in die Wêreldbekertoernooi in 2007 verteenwoordig het. Frankryk se afrigter, Marc Lievremont het ook, om vir die Bokke se slaankrag in die voorry te kompenseer, 17 voorspelers by die span van die Hane ingesluit.
Minister blaas halfmiljoen vir middag se plesier
Uit ’n geskrewe parlementêre antwoord deur S’bu Ndebele op ’n vraag van Jacob van der Linde, DA-LP, blyk dit dat departement van vervoer bykans R500 000 bestee het op ‘n middag se plesier. Van der Linde wou weet of ’n formele middagete wel gehou is en hoeveel dit die belastingbetaler gekos het. Die middagete is
Lees verder: Minister blaas halfmiljoen vir middag se plesier
Malema ruk op na Bloemfontein
Julius Malema en ‘n groep ontstoke ANC-jeugligalede het Donderdag in Bloemfontein aangekom om prof. Jonathan Jansen, rektor van die Universiteit van die Vrystaat, oor die Reitz-kwessie te spreek. Die besoek kom te midde van UV-belangegroepe wat Jansen probeer red. Kovsie Alumni het Woensdag in ’n verklaring die “gemeenskap” versoek om Jansen te steun “in sy
Nkosi Skelm
{jathumbnail off} NKOSI SKELM My naam is Nkosi Skelmek is koning van die land,ek’s gebore met die helmen dus heldersiende want;ek weet wat jy wegsteekdaar diep-diep in jou huis,vanaand kom ek inbreekkom kuier ek by jou tuis;jy is mos ryk en ek is armjy bleek teenoor my blas,ek kry koud en jy is warm –nou
Predator dalk strydig met internasionale wetgewing
Die onbemande vliegtuie, die Predators, wat die VSA in Afghanistan en Pakistan teen vermeende terroriste gebruik, kan teenstrydig wees met internasionale wetgewing sê die VN se topondersoeker op dié gebied. “Die probleem met die die VSA is dat hulle toenemend gebruik maak van Predators wat veral gebruik word in verhouding tot Pakistan en Afghanistan,” sê
Lees verder: Predator dalk strydig met internasionale wetgewing
‘n Sosialistiese hoofstuk begin
Die mediumtermynbegroting wat die ANC se nuutaangestelde minister van finansies, Pravin Gordhan, ingedien het, is maar net die eerste reëls van die volgende hoofstuk van die bewind se sosialistiese beleid. Behalwe vir die beplande sosialistiese nasionale gesondheidstelsel, wat weens geldtekort eers agterweë gaan bly, is daar weer ruimskoots geld gegooi in oënskynlike diep, bodemlose putte,
VSA skenk miljoene aan Pakistan
Amerika se minister van buitelandse sake, Hillary Clinton, het Woensdag in Pakistan bekendgemaak dat Amerika sowat $125 miljoen aan die land sal skenk om hulle met hulle elektrisiteitstoevoer by te staan. “Die fondse sal gebruik word om sekere fasiliteite te verbeter, pompe te herstel en effektiewe elektrisiteitstoevoer te verseker,” het Clinton aan die media gesê.
Leier in KwaZoeloe-Natal vermoor
‘n Indoena van Maphumulo in KwaZoeloe-Natal is in sy bed doodgeskiet terwyl hy langs sy vrou lê en slaap het. Sicelo Memela, ‘n tradisionele leier, was aan die slaap in sy kamer toe hy 2uur die oggend in die kop geskiet is. Sy vrou het niks oorgekom nie en daar was geen teken dat iemand
Polisie brand los op bruin plakkers
Die Johannesburgse metropolisie het rubberkoeëls op inwoners van Eldoradopark gevuur nadat hulle oproerig geraak het oor die sloping van hul plakkershutte. Insp. Edna Mamonyane het gesê die inwoners het die metropolisie met klippe bestook toe hulle die plakkershutte begin sloop. Die inwoners het ook die paaie met brandende bande versper uit protes teen dié sloping.
Nie ‘n enkele leerder teenwoordig toe premier skool besoek
Die Oos-Kaapse premier, Noxolo Kiviet, het tydens ‘n besoek aan ‘n skool geen matriekleerders by die hoërskool Imidushane gevind nie. “‘n Uur het verbygegaan en daar was geen leerders by die skool nie. Die onderwysers moes die leerders in die dorp gaan soek,” het Tobile Gowa, ‘n woordvoerder van die provinsiale regering, gesê. Nie een
Lees verder: Nie ‘n enkele leerder teenwoordig toe premier skool besoek
