Oostenryk se sogenaamde “verregse” Vryheidsparty, die FPO, sal die meeste stemme trek as daar ‘n algemene verkiesing hierdie naweek gehou moes word, volgens die resultate van ‘n nuwe meningspeiling wat Vrydag vrygestel is. Die FPO sal 29 persent van die stemme kry, die Sosiale Demokrate 28 persent en die konserwatiewe Volksparty of OeVP 23 persent,
Vavi se waarskuwing
Zwelinzima Vavi, grootbaas van Cosatu, waarsku dat die werkloosheidskoers in die land, veral onder jong mense, tot opstande soortgelyk aan 1976 se opstande kan lei. Dit is sy uiteensetting van redes wat die hare laat regop staan. Die staat het R26 miljard aan werkskepping geoormerk, maar, waarsku Finweek, die ANC het vyf nuwe wetsontwerpe op
Waarom die Belharbelydenis onaanvaarbaar is!
Die Belharbelydenis (BB) is in 1982 deur ‘n aantal kerklikes verbonde aan die (destydse) NG Sendingkerk opgestel. By die totstandkoming van die Verenigde Gereformeerde Kerk van Suidelike Afrika (VGKSA) is die BB as belydenisskrif aanvaar. Nou blyk dit dat twee Kaapse NGK Sinodes reeds die BB aanvaar het en dat daar verdere druk op die
Lindley-moord was beplan
‘n Man wat van die moord op die Potgieter-gesin in Lindley beskuldig word, het Donderdag in die Bloemfonteinse Hooggeregshof erken dié moord was beplan, het SABC berig. Paulus Khumalo (23), ‘n plaasarbeider, het in ‘n verklaring gesê die plan van ‘n groep mans was om geld uit die kluis in die Potgieters se huis te
Wes-Kaap, eerste in dronkbestuur
David Frost, ‘n adjunkdirekteur van die Wes-Kaapse departement van vervoer, sê motorongelukke het die provinsie die afgelope tien jaar meer as R12 miljard gekos agv veral besope bestuurders. Die Wes-Kaap is die land se kampioenprovinsie as dit kom by dronkbestuur. Frost het Donderdag in die hooggeregshof tydens die toetssaak oor die betroubaarheid van die Dräger-asemtoetser,
Mugabe se troonbesetter boet
In Zimbabwe sit ‘n polisieman al twee weke lank agter slot en grendel omdat hy ‘n toilet gebruik het wat eksklusief gereserveer is vir president Robert Mugabe. Die plaaslike media het dié aardskuddende nuus Donderdag gebreek. Die kwaaddoener in die diens is ene sersant Alois Mabhunu, speurder by die moordbrigade van die stad Bulawayo. Hy
PRAAG kla Julius Malema in Den Haag aan
PRAAG het ‘n klag teen mnr. Julius Sello Malema vir direkte en openbare aanhitsing tot volksmoord gelê by die internasionale strafhof in Den Haag. Dit volg nadat ‘n skrywe aan dr. Dan Roodt van PRAAG gerig is waarin die nasionale vervolgingsgesag bekendmaak dat hy nie vir Malema in terme van die volkereg gaan vervolg nie.
AU wil politieke oplossing in Libië sien
Die Afrika-unie het Woensdag ‘n oproep om ‘n politieke oplossing vir Libië se uitgerekte konflik gedoen. Voorstelle deur dié liggaam is tot dusver egter grootliks geïgnoreer. Die pan-Afrikaanse blok het ‘n skietstilstand gevra en dat ‘n hoë-vlak bemiddelingspan die geskil probeer bylê, maar sy pogings het min effek op die grond met Westerse magte wat
ANC-minister sak inmekaar
Die minister van sport, Fikile Mbalula, het Woensdag tydens ‘n kabinetsvergadering inmekaargesak. Die 40-jarige voormalige leier van die ANC-Jeugliga het egter die “skielike griepagtige simptome” oorkom en behoort Donderdag weer by die werk te wees, het Jimmy Manyi, regeringswoordvoerder, in ‘n verklaring gesê. The New Age het ‘n ongenoemde regeringsbeampte, wat by die vergadering was,
Zille het glo geweet van DA-korrupsie in Midvaal
Die VF+ het reeds in April 2009 ‘n perskonferensie gehou om die beweerde korrupsie in die Midvaal-munisipaliteit onder DA-bestuur aan die kaak te stel. Jaco Mulder, Gautengse leier van die party, het daarna in November 2009, gevra dat die Gauteng regering ingryp. Die VF Plus het ‘n versoek gerig aan die LUR vir plaaslike owerhede
Lees verder: Zille het glo geweet van DA-korrupsie in Midvaal
