Die minister van sport, Fikile Mbalula, het Woensdag tydens ‘n kabinetsvergadering inmekaargesak.
Die 40-jarige voormalige leier van die ANC-Jeugliga het egter die “skielike griepagtige simptome” oorkom en behoort Donderdag weer by die werk te wees, het Jimmy Manyi, regeringswoordvoerder, in ‘n verklaring gesê.
The New Age het ‘n ongenoemde regeringsbeampte, wat by die vergadering was, aangehaal.
“Hulle het mond-tot-mond-asemhaling toegepas en ‘n defibrillator ingespan om sy asemhaling te reguleer voordat hulle hom aan ‘n draagbaar vasgemaak en na die hospitaal geneem het,” het dié bron glo gesê.
‘n Defibrillator word gewoonlik ingespan deur dokters en paramedici om die hart dmv elektriese skok weer te laat begin klop.
