Zille het glo geweet van DA-korrupsie in Midvaal

Die VF+ het reeds in April 2009 ‘n perskonferensie gehou om die beweerde korrupsie in die Midvaal-munisipaliteit onder DA-bestuur aan die kaak te stel. Jaco Mulder, Gautengse leier van die party, het daarna in November 2009, gevra dat die Gauteng regering ingryp.

Die VF Plus het ‘n versoek gerig aan die LUR vir plaaslike owerhede in Gauteng om ‘n dringende ondersoek te gelas na beweerde onreëlmatighede en wanadministrasie. Dié versoek is gerig ingevolge artikel 106 van die munisipale stelselwet om ‘n skriftelike kennisgewing op die Midvaal munisipaliteit te beteken en ‘n ondersoek te loods oor sake wat in ‘n VF Plus dokument hanteer is. In die dokument word bewerings van wanadministrasie, bedrog, korrupsie en ander ernstige wanpraktyke gemaak wat plaasgevind het sedert Oktober 2005 en nog steeds voortduur.

Die Openbare beskermer se verslag sal volgens Mulder binnekort vrygestel word. Die proklamasie is uitgevaardig vir die SIU nadat ‘n voorlopige ondersoek getoon het dat daar wel substansie in die klagtes is.

Die Openbare beskermer se verslag hanteer die klagtes oor wanadministrasie en die SIU van die polisie ondersoek die kriminele klagtes teen die DA-bestuur. Dit is ‘n skande dat die DA sulke wanpraktyke toelaat. Só sê mnr. Jaco Mulder, LPW en VF Plus-leier van Gauteng.

Volgens Mulder is dit ironies dat die DA-leier in elke toespraak, radiodebat en pamflet verwys het na hul “suksesse” in Midvaal en ‘n groot aantal kiesers onder dieselfde indruk gebring het, terwyl die Midvaal-munisipaliteit onder DA-beheer waarskynlik die mees korrupte stadsraad in Suid Afrika is. Die DA-aanspraak op skoon regering het egter die hele land se kiesers beïnvloed.

Die ergste van alles is dat die leier van die DA, me Helen Zille, telkens ‘n beroep om skoon administrasie van verhoë af doen en daarop roem dat DA beheerde stadsrade korrupsievry is. Me Helen Zille en ander top leiers in die DA is vir ‘n geruime tyd reeds bewus van die wanpraktyke in die Midvaal munisipaliteit maar het versuim om op te tree. Die DA het blykbaar eerder verkies om die fluitjieblasers te skors en die sake toe te smeer.

Beweerde korrupsie in Midvaal is reeds op 31 Januarie 2009 onder die aandag van Helen Zille gebring.

Mnr Kobus Hoffman, voormalige lid van die burgemeesterskomitee op Midvaal en ander amptenare is geskors en geteister nadat hy begin vrae vra het oor ongeruimdhede in die raad. Die VF Plus tree op as diensleweringswaghond en sal die belange van belastingbetalers in Suid-Afrika ten alle koste beskerm, het Mulder gesê.

сайт игрушкилобановский александр дочь

Maak 'n opvolg-bydrae