Mugabe se troonbesetter boet

In Zimbabwe sit ‘n polisieman al twee weke lank agter slot en grendel omdat hy ‘n toilet gebruik het wat eksklusief gereserveer is vir president Robert Mugabe. Die plaaslike media het dié aardskuddende nuus Donderdag gebreek.

Die kwaaddoener in die diens is ene sersant Alois Mabhunu, speurder by die moordbrigade van die stad Bulawayo. Hy was veertien dae gelede van op wag by die jaarlikse Zimbabwe International Trade Fair toe hy ‘n dringende oproep van moeder natuur ontvang.

Die man het hom gehaas na die naaste toilet, en dit was ongelukkig een spesiaal gereserveer vir presidensiële nood. Die polisie het probeer om Mabhunu se daad te verydel, maar die desperate speurder het sy pad met bokshoue tot binne in die kleinhuisie oopgeveg, waarna hy die deur gegrendel het.

Nadat hy homself op die president se troon verlig het, het Mabhunu die kleinhuisie verlaat om sy waakdiens te hervat.

Die toiletpolisie het egter die voorval dadelik aangemeld, en die geheime polisie het sodoende ook van die oortreding te hore gekom. Die oortreder is dieselfde dag in hegtenis geneem ten spyte daarvan dat die harde bewyse van sy misdryf intussen verdwyn het.

Mabhunu sal Vrydag vir ‘n dissiplinêre verhoor in Bulawayo verskyn. Waarvan hy presies beskuldig word, is nie duidelik nie.

play slot onДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae