EU staak verskeping van chemiese doodstrafmiddels

Viëtnam sal in die toekoms sy eie chemiese middel vir teregstellings vervaardig nadat fabrieke in die Europese Unie die verskeping daarvan belet het weens teenkanting teen die doodstraf, het die Associated Press Donderdag berig. Dié land het die gebruik van vuurpelotons in 2011 gestaak weens kommer dat dit die soldate traumatiseer. Die regering het verlede

Lees verder: EU staak verskeping van chemiese doodstrafmiddels

ANC kritiseer bank se negatiewe houding

Die presidensie het Woensdag teleurstelling en verbasing uitgespreek oor FNB se advertensieveldtog. “Ligsinnige advertensies wat ‘n haat vir die regering of die regerende party uitspreek sal ons nie help om die land se ontwikkelingsdoelwitte te bereik nie,” het hy in ‘n verklaring gesê. “Die presidensie is teleurgesteld en verras deur die eensydige veldtog.” Die veldtog

Lees verder: ANC kritiseer bank se negatiewe houding

Treine aan die brand gesteek

Twee treinwaens is by die Croesus-treinstasie in Johannesburg aan die brand gesteek, het Metrorail Woensdag gesê. Die waens was deel van ‘n trein wat Dinsdagaand na Braamfontein op pad was, het ‘n woordvoerder van Metrorail, Lawrence Venkile, gesê. “Geen beserings is aangemeld nie, maar voorlopige ondersoeke dui dat brandstigting die oorsaak kon wees.” Drie treinwaens

Lees verder: Treine aan die brand gesteek

Anti-apartheidshospitaal sluit

Personeel by die McCord-hospitaal in KwaZulu-Natal het kennisgewings ontvang dat die hospitaal in Maart gaan sluit, berig die Sunday Times. Dít volg ná die provinsiale departement van gesondheid se aankondig dat hy nie meer jaarliks die hospitaal van ‘n subsidie sal voorsien nie. “McCord het nie ‘n aanduiding ontvang dat sy befondsing hernu gaan word 

Lees verder: Anti-apartheidshospitaal sluit

Oorlog is ‘n videospeletjie vir Harry se vlytige duime

Brittanje se prins Harry het moontlik ‘n “geestesversteuring opgedoen”, het die Taliban Dinsdag gesê. Dit volg nadat hy ‘n vergelyking getref het tussen die doodskiet van rebelle in Afganistan en videospeletjies. “Daar is 49 lande wie se magtige weermagte onsuksesvol is in die geveg teen die mujahidien en nou kom hierdie prins en vergelyk hierdie

Lees verder: Oorlog is ‘n videospeletjie vir Harry se vlytige duime

Israel stem, waarskynlik regs

Miljoene mense het gister in Israel se algemene verkiesing gestem met Benjamin Netanyahu wat hoop om vir ‘n derde termyn as Eerste Minister herkies te word. Verkiesingsbeamptes sê die kiesersopkoms was bykans 50 persent, wat heelwat hoër is as tydens die vorige verkiesing drie jaar gelede. Meningspeilings dui daarop dat Netanyahu se regse-alliansie sal wen,

Lees verder: Israel stem, waarskynlik regs

VF+ hou ANC vir geweld in Vrystaat verantwoordelik

Die Vryheidsfront Plus hou die ANC in die Vrystaat verantwoordelik vir die gewelddadige onrus in die Vrystaat. Die ANC-regering in die Vrystaat het nie die vermoë om die onrus in die Vrystaat te hanteer en te beheer nie. Die Vrystaate regering beplan om die twee munisipaliteite Metsimaholo (Sasolburg, Oranjeville, Deneysville) en Ngwathe (Parys, Heilbron, Koppies,

Lees verder: VF+ hou ANC vir geweld in Vrystaat verantwoordelik

De Doorns: Vakbond sê geen afdankings

Ongeveer 1 500 stakende loonarbeiders sal die week na verwagting na hul werk in De Doorns terugkeer, het die Food and Allied Workers’ Union (Fawu) gesê. Katishi Masemola, sekretaris-generaal, sê die vakbond het ‘n beroep op werkers gedoen om terug werk toe te gaan, in die gees van voortdurende onderhandelinge vir ‘n hoër daaglikse loon.

Lees verder: De Doorns: Vakbond sê geen afdankings

Onderneming om vervalste dokumente te verskaf

Die polisie in die Oos-Kaap het op ‘n onderneming in Mthatha toegeslaan wat regeringsalarisstrokies, identiteitsdokumente en matrieksertifikate vervals, het ‘n woordvoerder Dinsdag gesê. Kol. Mzukisi Fatyela het gesê die Bears-meubelwinkel het die polisie genader nadat personeel agterdogtig geraak het toe ‘n 39-jarige vrou ‘n rekening wou open. Ná ‘n ondersoek is vasgestel dat sy werkloos

Lees verder: Onderneming om vervalste dokumente te verskaf

ANC veroordeel Sasolburg-geweld

Die ANC het Dinsdag die plundery en geweld tydens ‘n betoging in die Zamdela-woonbuurt in Sasolburg veroordeel. “Ons grootste bekommernis is die vlak van kriminele bedrywighede wat plaasvind, insluitend die plundery van winkels,” het Jackson Mthembu, woordvoerder, in ‘n verklaring gesê. “Dit sal nie net sakebedrywighede in die gebied raak nie, maar ook onskuldige inwoners.”

Lees verder: ANC veroordeel Sasolburg-geweld