Ses mense is in hegtenis geneem ná gewelddadige betogings by Lonmin se Marikana-platinummyn, het die polisie in Rustenburg Donderdag gesê. “Hulle is vir verskeie voorvalle van intimidasie in hegtenis geneem,” het lt.genl. Zukiswa Mbombo gesê. Die polisie het die mense is tussen Maandag- en Woensdagaand in hegtenis geneem. Die verdagtes sal Donderdag in die hof
Boerebegrafplaas waar Osama bin Laden gesneuwel het
‘n Krygsgevangenebegraafplaas in die buiteland, waarvoor die Erfenisstigting sedert verlede jaar verantwoordelik geword het (minstens in beginsel, omdat die kapasiteit en middele daarvoor nie bestaan nie en staatsbefondsing uitstaande bly), is in Pakistan naby die plek waar Osama bin Ladin gedood is. Tydens die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) is meer as 31,000 Boere krygsgevange geneem. Hulle is
Lees verder: Boerebegrafplaas waar Osama bin Laden gesneuwel het
Burgemeester reël strooptogte
‘n Spaanse burgemeester word as ‘n held beskou vir die organisering van rooftogte by supermarkte en om gesteelde kruideniersware aan die armes uit te deel. Juan Manuel Sanchez Gordillo, streeks-LP en die burgemeester van Marinaleda – 2645 mense – in Andalusië, het gesê dat die voedsel wat in die aanvalle gesteel is verlede week gegee
Koerant vra verskoning oor Malema se geldsake-berig
The Times-koerant moes Donderdag ‘n verskoning aan Julius Malema, die voormalig leier van die ANC-jeugliga, op sy voorblad publiseer. Dit volg ná ‘n beslissing deur die persombudsman teen ‘n berig wat in Oktober gepubliseer is. Die berig, “Malema on the ropes”, het op 31 Oktober gelui dat ‘n polisieondersoek in Malema se finansies “so goed
Lees verder: Koerant vra verskoning oor Malema se geldsake-berig
Veediewe steel na hartelus
G’n wiele teen veediewe nie, ondanks R80miljoen se begroting!. Veediewe kan in die Vrystaat steel en slag soos hulle wil want polisiebeamptes van die veediefstaleenhede sit, ondanks ‘n polisiebegroting van R80 miljoen, sonder voertuie agter hul lessenaars gestrand. Só word in landbou- en polisiekringe gesê oor die voortslepende veediefstalprobleem in die provinsie. Die beswaardes sê
Brittanje dreig om ambassade waar Assange skuil te bestorm
Ecuador sal binnekort sy besluit oor die WikiLeaks-stigter, Julian Assange, se asielaansoek aankondig, het Ricardo Patino, minister van buitelandse sake, gesê. Intussen het Patino aan die nuusagentskap AP gesê Brittanje het gedreig om Ecuador se ambassade in Londen te bestorm om Assange in hegtenis te neem. Hy het gesê hy sal die saak opneem met
Lees verder: Brittanje dreig om ambassade waar Assange skuil te bestorm
Protesbrandpunte ontleed
Die Sentrum vir die Studie van Geweld en Versoening by die Universiteit van die Witwatersrand het protesbrandpunte in Gauteng en Mpumalanga ontleed. Voortgesette oproer volg nadat die DA diensleweringsprotes van stapel gestuur het om die ANC onder druk te plaas om plaaslike regering op te knap. Groot getalle swart DA-lede het onlangs deelgeneem aan ‘n
LUR, Vrystaat-landbou tevrede met landelike veiligheid
Die inhegtenisneming van vyf mense ná die moord op ‘n bejaarde boer van Jansenville, is gerusstellend, het Helen Sauls-August, Oos-Kaapse LUR vir veiligheid, gesê. “Hierdie vinnige optrede sal die publiek se vertroue en die SA Polisiediens herstel,” het sy in ‘n verklaring gesê. “Ons was geskok om van hierdie brutale, onmenslike moord op ‘n bejaarde
Lees verder: LUR, Vrystaat-landbou tevrede met landelike veiligheid
Dertien dae…
Aanvalle en moorde op blankes wat vanaf 1 Augustus 2012 plaasgevind het. Die lys is moontlik nie volledig nie. *WARBURTON/LOTHAIR: Tony Mason aangeval. Ernstig aangerand. *KLERKSDORP/HARTBEESFONTEIN: Hendrien Johnstone De Lange doodgeskiet tydens ‘n plaasaanval. *JANSENVILLE: Owen Charles, ‘n Sewentigjarige boer van die Jansenville-omgewing is dood en sy vrou ernstig beseer in ‘n plaasaanval verlede nag.
Myne luister nie na gemeenskappe nie
Gemeenskappe is ongelukkig met myne, volgens ‘n verslag Daar is ‘n groot afstand tussen die manier waarop myne in die Noordwes-provinsie van Suid-Afrika hulself handhaaf en die manier waarop gemeenskappe hulle sien. Dit is die bevindinge van ‘n verslag deur die Bench Marks Foundation. “Wat ons weer gevind het, is dat die korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid
