LUR, Vrystaat-landbou tevrede met landelike veiligheid

Die inhegtenisneming van vyf mense ná die moord op ‘n bejaarde boer van Jansenville, is gerusstellend, het Helen Sauls-August, Oos-Kaapse LUR vir veiligheid, gesê.

“Hierdie vinnige optrede sal die publiek se vertroue en die SA Polisiediens herstel,” het sy in ‘n verklaring gesê.

“Ons was geskok om van hierdie brutale, onmenslike moord op ‘n bejaarde te hoor… Dit is teleurstellend dat ons jongmense hierdie aan een van hul eie bejaardes kon doen…”

Owen Charles (70) is Sondag op sy plaas doodgesteek. Sy vrou het kritieke beserings in die aanval opgedoen.

Die polisie het vroeër gesê ‘n vrou en vier seuns is ná ‘n skietery en wilde jaagtog in Knysna, in die Wes-Kaap, in hegtenis geneem.

Kapt. Malcolm Pojie sê die polisie het vier seuns – tussen die ouderdomme van 12 en 17 – asook ‘n 22-jarige vrou in die Plettenbergbaai-gebied aangekeer.

Die adjunk-president van Vrystaat Landbou en voorsitter van die veiligheidskomitee, het gesê plaasaanvalle en -moorde in die Vrystaat is aan die afneem. 

Kobus Breytenbach, DA-ondersteuner, se kommentaar kom te midde van ‘n reeks aanvalle en moorde op plase landswyd in die afgelope week.

Breytenbach sê hoewel daar steeds sekere tekortkominge in die organisasie en die polisie se landelike beveiligingsplan is wat ses jaar gelede in werking getree het, blyk dit suksesvol te wees, het OFM berig.

Данильченео

Maak 'n opvolg-bydrae