Brittanje dreig om ambassade waar Assange skuil te bestorm

Ecuador sal binnekort sy besluit oor die WikiLeaks-stigter, Julian Assange, se asielaansoek aankondig, het Ricardo Patino, minister van buitelandse sake, gesê.

Intussen het Patino aan die nuusagentskap AP gesê Brittanje het gedreig om Ecuador se ambassade in Londen te bestorm om Assange in hegtenis te neem. Hy het gesê hy sal die saak opneem met ander lande in Suid-Amerika, omdat die VK se dreigement nie strook met internasionale reg nie.

Hy het gesê ‘n dringende spitsberaad van die Raad van Buitelandse ministers van die Unie van Suid-Amerikaanse State (UNASUR) en die Organisasie van Amerikaanse State (OAS) sal belê word om die “bedreiging” teen ‘n soewereine land in die streek te bespreek.

Die geskrewe dreigement, aide memoire, van die Britse regering aan Ecuador lui as volg:

“You need to be aware that there is a legal base in the UK, the Diplomatic and Consular Premises Act 1987, that would allow us to take actions in order to arrest Mr Assange in the current premises of the Embassy. We sincerely hope that we do not reach that point, but if you are not capable of resolving this matter of Mr Assange’s presence in your premises, this is an open option for us.”

Om die perseel in Londen te bestorm, sê Patino, sal ‘n “flagrante skending” van artikel 22 van die Weense Konvensie op diplomatieke betrekkinge wees. Hy het gesê Ecuador is nie ‘n kolonie van Brittanje nie, en “die dae van kolonies is verby”.

Die 41-jarige Assange woon al sedert 19 Junie in Ecuador se ambassade in Londen om uitlewering aan Swede, waar hy deur die polisie ondervra gaan word oor beweerde seksuele misdrywe, te vermy.

Dié dreigement is des te meer vreemd aangesien Assange in Swede vir ‘n beweerde seksoortreding teen ‘n wit vrou “gesoek” word, terwyl die Britse polisie tuis nie veel ag slaan op sulke ootredings teen wit vroue wat deur buitelanders gepleeg word nie en jare sloer om sulke sake te ondersoek.

Patino het gesê die dreigement is by Ecuador se ministerie van buitelandse sake en die ambassadeur in Londen afgelewer.

Assange vrees ook deportasie na die Verenigde State, wat hom dalk kan aankla oor sy webwerf se vrystelling van geheime Amerikaanse dokumente en ter dood mag veroordeel.

“Die Verenigde Koninkryk het ‘n wetlike verpligting om mnr Assange aan Swede uit te lewer in persoon vir ondervraging oor bewerings van seksuele misdrywe, en ons bly vasbeslote om hierdie verpligting na te kom,” het ‘n Britse buitelandse woordvoerder egter gesê.

“Die besluit om die Ecuadoriaanse ambassade van sy diplomatieke beskerming te stroop, is nog nie deur Brittanje geneem nie. Ons is nie van plan om dit oornag te doen nie,” het die woordvoerder bygevoeg.

WikiLeaks se woordvoerder Kristinn Hrafnnsson het aan AFP gesê die dreigement om die Ecuadoriaanse ambassade te bestorm is “baie ernstig,” en het gesê volgens die groep se regspan is dit onwettig. Die Britse polisie is steeds saamgetrek buite die gebou, waarvan daar net een uitgang is.

Assange se ondersteuners het buite die ambassade byeengekom, en die organisasie van ‘n lewendige beeldmateriaal van die toneel op die internet geplaas. Volgens hulle is die toevoer deur DDoS-aanvalle ontwrig.

‘n Pizza-afleweringsman het na bewering by die ambassade aangekom en probeer om ‘n pizza af te lewer aan “Mark Anthony.” Hy het egter nie daarin kon slaag nie, en het homself vinnig uit die voete gemaak.

Данильченко Юрий Брониславович компромат

Maak 'n opvolg-bydrae