Die Suid-Afrikaanse menseregtekommissie ondersoek minstens 20 klagte van geweld teen stakende plaaswerkers in die Wes-Kaap, het die kommissie Donderdag gesê. “Minstens 20 klagtes is ingedien, maar ons tel nog die nuutstes. Hierdie klagtes is teen die polisie, boere en privaat veiligheidsbeamptes,” het Isaac Mangena, woordvoerder vir die MRK, gesê. Hy sê werkers het gevalle van
Duisende stakers op N1, Weskaap
Duisende stakende plaaswerkers het Donderdagmiddag op die N1 in De Doorns aan ‘n protesoptog deelgeneem, het die Black Association of the Wine and Spirit Industry (Bawsi) gesê. Hulle het by plase op die pad gepoog om meer stakendes te werf. “Ek lei die opmars en daar is duisende van ons hier wat gelei word deur
Obama se nuwe kreet
President Obama se tweede inhuldigingsgeleentheid op 21 Januarie 2013 sal saamval met die nasionale vakansiedag van Martin Luther King Jr. in die VSA.лобановский обыск
Ehrenreich blaas geweld aan
“Tony Ehrenreich, Wes-Kaapse Cosatu-sekretaris, blaas geweld aan met sy stelling van ‘die grondoorlog kom binnekort’. Daardeur sê hy ook dat die ware motief agter die stakings van plaaswerkers in die Wes-Kaap nie oor lone gaan nie, maar oor grond. Uitsprake soos hierdie grens aan haatspraak en moedig geweld aan. Verantwoordelike regering vereis dat pres. Zuma
Bundesbank vra goud van VSA, Frankryk terug
Duitsland se sentrale bank eis van sy groot goudreserwes wat in die VSA en Frankryk gehou word, terug. Die stap volg na ‘n oudit wat die Bundesbank vir wanbestuur gekritiseer het, omdat die reserwes nog nooit “fisies nagegaan” is nie. Die Bundesbank het planne aangekondig om sy hele 374-ton goud te onttrek van die Bank
Pakskuur brand, bruin werkers droom van R150
Gerrit de Beer, finansiële hoof van die Le Roux-boerdery groep, sê etlike miljoene rande se skade is aangerig nadat ‘n “groot en baie moderne” pruimpakskuur vroeg Woensdagoggend op die plaas Sandrivier naby Wellington in ‘n brand beskadig is. Die kantoor en koelkamers wat deel van die pakskuur vorm, het behoue gebly. Die voorraad wat in
Mali-konflik eis eerste Brit
Die Britse minister van buitelandse sake, William Hague, het Donderdag bevestig dat ‘n Brit dood is in ‘n aanval op ‘n gasveld in die ooste van Algerië. Hague het verder gesê enige verband met die krisis in Mali is ‘n verskoning vir “koelbloedige moord”. “Hoewel ek die dood van ‘n Britse burgerlike kan bevestig, kan
Tronkaanranding: Joernaliste se foto’s uitgevee
Vrystaatse tronkbeamptes het joernaliste aangehou, hul gereedskap gekonfiskeer en hul foto’s van bewaarders wat ‘n gevangene aanrand uitgevee, het twee dagblaaie berig. The Star en The Times berig dié voorval het Woensdag gebeur toe die parlement se portefeuljekomitee op korrektiewe dienste die Groenpunt-maksimumveiligheidstronk buite Deneysville in die provinsie besoek het. Dis dieselfde gevangenis waar tronkbewoners
Lees verder: Tronkaanranding: Joernaliste se foto’s uitgevee
Ruda steek haar weermagverlede weg
Die TV-persoonlikheid Ruda Landman is glo skaam dat sy weermagopleiding in George ontvang het. Landman is een van Media24 se ideologiese steunpilare. Die afgetrede kol. Monica Muller van The Reeds skryf sarkasties in Beeld dat Landman “aan geheueverlies ly” en wonder of die kykNet-program Reis moontlik “swak nagevors” is. Volgens die program, skryf Muller, is
Helikopter stort in Londen neer
‘n Helikopter het neergestort in spitsuuroggendverkeer nadat dit in vlamme uitgebars het in ‘n oënskynlike botsing met ‘n hyskraan in die suide van Londen. Die brandende helikopter het soos ‘n “vuurbal” na benede gestort, sê geskokte omstanders. Deel van die beskadigde hyskraan het glo ‘n naburige gebou en motors beskadig. ‘n Londense radiostasie LBC het
