‘n Helikopter het neergestort in spitsuuroggendverkeer nadat dit in vlamme uitgebars het in ‘n oënskynlike botsing met ‘n hyskraan in die suide van Londen.
Die brandende helikopter het soos ‘n “vuurbal” na benede gestort, sê geskokte omstanders.
Deel van die beskadigde hyskraan het glo ‘n naburige gebou en motors beskadig.
‘n Londense radiostasie LBC het ook gesê die bestuurder van die hyskraan was laat vir werk, anders sou hy dood gewees as hy betyds op sy pos was toe die ongeluk plaasgevind het.
‘n Rooksluier hang oor die toneel naby die Thames naby aan die MI6-gebou en die nuwe Amerikaanse ambassade wat onder konstruksie is.
‘n Ooggetuie Belinda Moore, vrou van die voormalige Engelse rugbyspeler Brian Moore, het getwiet: “Net gery en gesien baie rook oor Vauxhall, dit is ‘n helikopterongeluk, het dit gesien laag vlieg oor Chelsea Bridge het gedink dis vreemd.
Sy het die heli se posisie as “baie vreemd en baie laag” beskryf oor Chelseabrug omdat die Battersea Heliport aan die ander kant van die rivier is.
Brandbestryders is steeds op die toneel. Verkeer rondom Vauxhall en Nine Elms-gebied het tot ‘n stilstand gekom. Treindienste by die nabygeleë Vauxhall-stasie is afgestel.
Bronne rapporteer dat net die vlieënier aan boord was.
Londen Brandweer het gesê talle oproepe oor die voorval is ontvang.
Die diens het op Twitter gesê: “Ons het verslae van ‘n helikopter-ongeluk naby Worth Road in Suid-Lambeth.”
