Ruda steek haar weermagverlede weg

Die TV-persoonlikheid Ruda Landman is glo skaam dat sy weermagopleiding in George ontvang het.  Landman is een van Media24 se ideologiese steunpilare.

Die afgetrede kol. Monica Muller van The Reeds skryf sarkasties in Beeld dat Landman “aan geheueverlies ly” en wonder of die kykNet-program Reis moontlik “swak nagevors” is.

Volgens die program, skryf Muller, is Ruda Wahl (haar nooiensvan) glo ná haar matriekjaar in Upington na die Universiteit van Stellenbosch. Dit is natuurlik nie korrek nie, want Ruda het in 1971 – ná haar matriekjaar – vrywillige militêre opleiding by die destydse Burgerlike Beskermingskollege, later SA Leër-vrouekollege, in George ondergaan.

Ruda is aan die einde van die opleiding as die student van die jaar aangewys. Ná die voorstellingsparade het hierdie “skaam dogter van Keimoes” etlike dae op die voorblaaie van die nasionale koerante gepryk.

As korporaal van haar peloton en gedagtig aan die opleiding wat hulle meegemaak het, het Ruda blootstelling ontvang wat haar soveel selfvertroue gegee het dat sy seer sekerlik ‘n groot voorsprong bo ander eerstejaars in Stellenbosch moes gehad het.

Volgens Muller is dit jammer dat Ruda nie haar werklike agtergrond met die kykers kon of wou deel nie.

Jong Suid-Afrikaanse vroue kry vandag nog die geleentheid om op ‘n vrywillige basis militêre opleiding te ondergaan en vermelding van haar ervaring kon vir vele jong meisies nuwe perspektiewe oopgemaak het, voel Muller.

In die 21-jarige gedenkblad van die SA Leër-vrouekollege in 1992 skryf Ruda onder meer: “… maar geleer het ons geleer en ek bly elke dag nog dankbaar daarvoor”. Landman se daaglikse dankbaarheid het egter intussen verdamp.

Dit is net nie meer politiek-korrek en gerieflik vir die ideologiese projek van die mediamonopolie om te erken dat jy deel van die SA Weermag voor 1994 was nie.

Фильчаков прокурор отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae