praag.co.za

Ehrenreich blaas geweld aan

Written by

in

“Tony Ehrenreich, Wes-Kaapse Cosatu-sekretaris, blaas geweld aan met sy stelling van ‘die grondoorlog kom binnekort’. Daardeur sê hy ook dat die ware motief agter die stakings van plaaswerkers in die Wes-Kaap nie oor lone gaan nie, maar oor grond.

Uitsprake soos hierdie grens aan haatspraak en moedig geweld aan. Verantwoordelike regering vereis dat pres. Zuma en sy ministers van grondhervorming en landbou moet ingryp en Ehrenreich repudieer,” sê mnr. Pieter Groenewald, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor landelike ontwikkeling en grondhervorming.

“Daar bestaan baie vrae oor die motief van die gewelddadigheid van hierdie plaaswerkerstaking in die Wes-Kaap. Inligting dui daarop dat die stakers meestal uit werkloses bestaan en nie plaaswerkers is nie.

Dit wil voorkom asof die aanstigters dit onmoontlik wil maak vir boere om aan te gaan met hulle boerdery. Sodoende word gehoop die boere verlaat hulle plase en dan kan dit beset word deur die werkloses.

Ehrenreich het die kat uit die mou gelaat en moet verduidelik wat bedoel hy met sy uitlating,” het Groenewald gesê.

лобановский александр дети

Comments

Leave a Reply