praag.co.za

Bundesbank vra goud van VSA, Frankryk terug

Duitsland se sentrale bank eis van sy groot goudreserwes wat in die VSA en Frankryk gehou word, terug. Die stap volg na ‘n oudit wat die Bundesbank vir wanbestuur gekritiseer het, omdat die reserwes nog nooit “fisies nagegaan” is nie.

Die Bundesbank het planne aangekondig om sy hele 374-ton goud te onttrek van die Bank van Frankryk in Parys, en 300 ton van die 1500 ton wat tans gehou word deur die New York Federal Reserve.

Die Duitse regering wou nie kommentaar lewer op die verslae voor die aanbieding van ‘n nuwe plan vir die bestuur van sy goudreserwes Woensdag nie. Duitsland spog met die wêreld se tweede grootste goud reserwes van 270.000 goudstawe ($177.5 miljard), net na dié van die VSA.

Duitsland se goudvoorraad is na die buiteland verskuif gedurende die Koue Oorlog te midde van vrese van ‘n moontlike Sowjet-inval. Daar is nou geen rede om die oorsese voorraad daar te hou nie, het die Bundesbank gesê.

Van nou af, sal die bank slegs klein hoeveelhede goud in die buiteland hou vir doeleindes van handeldryf.
Ongeveer 30 persent van Duitsland se goudreserwes word tans in die land gehou by die fasiliteite van die Frankfurtse Bundesbank.

“Die politieke veiligheidsituasie het verander,” het Bundesbankraadslid Carl-Ludwig Thiele aan verslaggewers gesê Woensdag. Hy het bygevoeg dat die goud ‘n belangrike bron van “vertroue in die geldeenheid en in die ekonomiese mag van ons land is.”

Die stap volg op ‘n verdoemende verslag deur die Duitse Hof van Ouditeure op die bestuur van die Bundesbank se buitelandse goudvoorraad. Ouditeure het gesê dat die goud “is nog nooit fisies geverifieer nie,” en nie onder behoorlike beheer nie.

Die Bundesbank is uit die veld geslaan deur die kritiek, en het beklemtoon dat daar geen noodsaaklikheid vir spekulasie oor Duitsland se oorsese stoorplek is nie en dat “daar is geen twyfel oor die integriteit van die buitelandse stoorplekke is nie.” Die sentrale bank word wyd beskou as een van die mees betroubare instellings in die Duitse samelewing.

Hierdie salvo kan die begin van die einde van die Amerikaanse dollar as die reserwegeldeenheid van keuse beteken.

топкарго

Comments

Leave a Reply