Die kantoor en koelkamers wat deel van die pakskuur vorm, het behoue gebly. Die voorraad wat in die koelkamer opgeberg is, word nagegaan om te sien of dit beskadig is. De Beer sê hulle het al onder stakings deurgeloop. Die tweede reeks openbare verhoor oor plaaswerkerlone, wat tans in die provinsie gehou word, is Dinsdagaand (15 Janurie 2013) op die dorp gehou.
Volgens De Beer het hulle sekerheidsbeamptes op die plaas en by die skuur om die eiendom en werkers veilig te hou. “Hout is elders op die plaas aan die brand gesteek, wat die sekerheidsbeamptes weggelok het van die skuur af. Dis toe dat die brand by die skuur begin het,” aldus De Beer.
Die polisie en die brandweer was vinnig op die toneel, en ondersoeke word tans gedoen om te bepaal of die brand die gevolg van brandstigting is.
Sommige van De Doorns se bruin plaaswerkers sê die huidige minimum loon van R69 is ‘n “hongerloon”.
Verlede week se optimisme oor hul kanse om R150 te ontvang blyk nou ‘n onbereikbare droom te wees, ten spyte van hul besluit om aan te hou staak. Scheepers, deel van Stofland se gemeenskap het Woensdag, sy kommer uitgespreek oor hul toenemende isolasie in die arbeidsgeskil.
“Die ander mense in Worcester en Robertson, hulle werk almal. Dis net ons hier,” sê een vrou. “Hier sit ons.”
“Jurie, wanneer is ons weer aan die werk?” het een gevra. “Ek weet nie, my darling,” het Scheepers gereageer. “Ons almal wag om te hoor.”
Dit blyk dat die ooreenkoms in Clanwilliam wat Tony Ehrenreich van Cosatu aangekondig het, slegs ‘n ooreenkoms tussen Cosatu en ‘n enkele boer, Cape Orchids se direkteur Gerhard de Kock was.
AgriSA het hulself ook van die ooreenkoms gedistansieer en gesê dit het nie namens al die boere geskied nie.
