Die ongelykheid tussen wit en swart huishoudings is “sleg vir versoening,” het pres. Jacob Zuma Sondag gesê. Zuma het by die afsluitingseremonie van die ANC se eeufeesjaar in Durban gepraat. “Die situasie dat wit huishoudings ses keer die rykdom van swart huishoudings het, behoort ‘n kwessie van die verlede te wees.” Zuma het verwys na
Soedan, Suid-Soedan probeer oliegeskil oplos
Die presidente van Soedan en Suid-Soedan kom vandag in Addis Abeba in Ethiopië byeen in ‘n poging om vordering te maak met ooreenkomste oor olie, die ekonomie en veiligheid wat daarop gemik is om die spanning tussen die twee lande te ontlont. Die vergadering tussen die Soedanese president, Omar al-Bashir en sy Suid-Soedannese ampsgenoot, Salva
Fietsrykampioen deur taxi gedood
Die fietsrylegende Burry Stander is in ‘n tref-en-trap ongeluk in KwaZulu-Natal dood. Stander is Donderdagmiddag vermoedelik deur ‘n taxi doodgery terwyl hy geoefen het. Fietsry Suid-Afrika het bevestig dat Stander (25) raakgery is deur ‘n taxi by Shelly Beach aan die KwaZulu-Natalse suidkus. Hy is op die toneel dood. “Dis inderdaad verskriklike nuus om 2013
Gee dit terug!
In ‘n emosionele ope brief Donderdag aan die Britse premier, het Cristina Kirchner, Argentinië se president, ‘n beroep gedoen op die premier om ‘n VN-resolusie wat dateer uit 1965 na te kom en gevra dat Brittanje begin onderhandel oor die oorhandiging van die Falkland-eilande. Die brief is net betyds om die herdenking op 3 Januarie
Net één Afrikaanse koerantstem
Onder Vier Oë Saterdag met Naspers se voorsitter, Ton Vosloo, het betrekking. Die eertydse koerantmaatskappy het werklik merkwaardig gegroei en ‘n mens kan maar net respek, selfs bewondering, hê vir die bestuurs- en sakevernuf waarmee Vosloo en sy kollegas die huidige “Naspers-wêreldryk” tot stand gebring het. Sulke buitengewone materiële sukses kom meestal teen ‘n prys.
Meer matrieks slaag, minder bly tot matriek
‘n Totaal van 73,9% van matriekleerlinge het die skooljaar in 2012 geslaag, het Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, Woensdag gesê. Dié syfer is hoër as die 70,2% van leerlinge wat matriek in 2011 geslaag het. Die onderwysdrukgroep Equal Education (EE) het egter sy kommer uitgespreek oor die prestasie van leerlinge, en daarop gewys dat
Fiskale ooreenkoms gaan VSA ‘vernietig’
Nadat Republikeine hul eise vir bykomende bestedingsinkortings laat vaar het om die “fiskale afgrond” te vermy, het die Huis van Verteenwoordigers ‘n ooreenkoms met die Demokrate bereik. Hulle het met 257 teen 167 ten gunste van die wetsontwerp gestem. Vroeër het die Huis se Republikeine hul teenkanting teen die maatreëls uitgespreek. Kritici van die wetsontwerp
Palestyne gaan Jode in 2020 verbysteek
Die Palestynse Statistiekburo het beraam dat die Arabiere die Jode in die Heilige Land teen die einde van die dekade sal verbysteek, ‘n scenario wat ernstige gevolge kan hê vir Israel. Die buro het Dinsdag gesê dat 5,8 miljoen Arabiere in Israel, die Wesoewer, Gasa en Oos-Jerusalem woon. Dit is in vergelyking met ongeveer 6
Vlamme verteer 4000 se plakkershutte in Kaapstad
Drie mans is dood en meer as 4 000 mense is dakloos gelaat nadat brande huise in Dunoon en Khayelitsha op Nuwejaarsdag verswelg het. Die BM-afdeling van Khayelitsha is die hardste getref, met meer as 800 plakkershutte wat deur die vinnige vlamme vernietig is. Sowat 3 000 inwoners is dakloos gelaat. Die Stad se Rampbestuurwoordvoerder
Lees verder: Vlamme verteer 4000 se plakkershutte in Kaapstad
Gaan VSA oor fiskale afgrond stort?
Die Withuis en Senaatslui het Maandag ‘n ooreenkoms bereik om belastingsverhogings en besuinigingsmaatreëls van die sogenaamde “fiskale afgrond” af te weer – maar die ooreenkoms kan nog in die Huis van Verteenwoordigers tot onmin lei. Senators sou oornag stem oor die ooreenkoms, wat volgens senator Joe Lieberman sterk steun onder die Demokrate geniet. Die ooreenkoms
