Die BM-afdeling van Khayelitsha is die hardste getref, met meer as 800 plakkershutte wat deur die vinnige vlamme vernietig is. Sowat 3 000 inwoners is dakloos gelaat.
Die Stad se Rampbestuurwoordvoerder Wilfred Solomons-Johannes sê die vuur in die BM-afdeling van die gebied het om 04:45 uitgebreek en is slegs suksesvol geblus byna ses uur later.
Hy het bygevoeg dat die rukkerige wind, van 80 tot 90km / h , die verspreiding van die vlamme aangevuur het, en ‘n uitdaging vir brandbestryders gstel het.
Digte rook het verkeersowerhede genoop om die N2 te sluit in beide rigtings.
“Die digte rook raak die vrye vloei van verkeer, en hou ‘n gevaar vir die veiligheid van motoriste in,” het Solomons-Johannes gesê.
