Onrus in Iran, Algerië, Jemen, Marokko en China

Vreedsame optogte in Marokko, maar geweld breek uit elders in die Midde-Ooste en Chinese polisie onderdruk onrus. Só lui hoofopskrifte die wêreld oor. Duisende het die naweek die strate van Rabat, Casablanca, Tangier en Marrakech ingevaar in vreedsame protes om aan te dring op ‘n nuwe grondwet, ‘n verandering in die regering en ‘n einde

Lees verder: Onrus in Iran, Algerië, Jemen, Marokko en China

Ondersoek kom na 6 onwettige dokters

Die Suid-Afrikaanse Raad op Gesondheidsberoepe gaan ‘n oudit doen van dokters wat in Suid-Afrika werk, indien ‘n ondersoek na dokters wat onwettig in die land praktiseer op krake in die stelsel dui. Die President van Gesondheidsberoepe, Sam Makogong, sê hulle sal saam met die Valke werk nadat ses onwettige dokters in hegtenis geneem is. Hy

Lees verder: Ondersoek kom na 6 onwettige dokters

Mbeki reis duurder as Zuma

Oudpres. Thabo Mbeki se reise na Soedan tussen April 2009 en Oktober verlede jaar het belastingbetalers R20.5 miljoen gekos, het die Sunday Times-koerant berig. Dit sluit nie 11 privaat vlugte in asook Mbeki se besoeke tot dusvêr vanjaar in nie. Direkteur-generaal Cassius Lubisi het in ‘n interne presidensiële memorandum gekla oor Mbeki se reiskoste en

Lees verder: Mbeki reis duurder as Zuma

Victoriabaai se stem is stil

Die gewilde Afrikaanse sanger Lucas Maree, wat met liedjies soos Victoriabaai die Afrikaanse kunsskat verryk het, is oorlede. Hy het Vrydagaand ‘n twee jaar lange stryd teen prostaatkanker verloor. Volksblad het berig dat Maree in die Hill & Dale-versorgingsoord in Bloemfontein oorlede is. Huldeblyke van oral het op sosiale netwerke verskyn. Hy word oorleef deur

Lees verder: Victoriabaai se stem is stil

Bruines ontdek hul etnisiteit

Dat die ANC verbete is om die Wes-Kaap terug te vat, blyk sekerlik uit die jongste voorgestelde wysigings aan die Wet op Gelyke Indiensneming.  Dit gaan tot gevolg hê dat nasionale demografiese syfers vir kwota-aanstellings voortaan gebruik sal moet word. Provinsiale bevolkingsyfers word tans aangewend, wat bruin mense in die Wes-Kaap bevoordeel omdat hulle die

Lees verder: Bruines ontdek hul etnisiteit

Nasionalisering kom

Musa Xulu sê dit is tyd dat die ANC vir die ekonomiese slagaar van Suid-Afrika mik. Die onderwerp van nasionalisering (van die belangrikste industrieë) is oor die naweek deur die ANC se hoof van media em kommunikasie vir Johannesburg vir die soveelste maal getakel in ‘n opiniestuk op Politicsweb. Sy voorspelling is dat nasionalisering inderdaad

Lees verder: Nasionalisering kom

Regsoptrede oor tolhekke?

“Die VF Plus is van mening dat regsaksie teen die oorhoofse tolhekstelsel steeds ‘n moontlikheid is en wil graag moontlike belanghebbendes in verdere stappe bystaan. Dit volg op ‘n berig in Beeld dat regter Bam in die Pretoria hooggeregshof bevind het dat SANPAB/SANRAL met die eienaar van ‘n advertensiebord moes gekonsulteer het alvorens ‘n oorhoofse

Lees verder: Regsoptrede oor tolhekke?

Die onvoltooide nuusverklaring oor plaasaanvalle

Hier sit ek op ‘n Saterdagaand en slaan weer die toetse oor plaasaanvalle en plaasmoorde. Ek het al bitter baie oor plaasmoorde en plaasaanvalle geskryf – selfs gedigte, en ‘n paar is gepubliseer. Plaasaanvalle het al dikwels naby aan my gekom. Ons kindertydse vakansiebuurseun by Kleinbrak is saam met sy swaer met masjiengewere afgemaai, my

Lees verder: Die onvoltooide nuusverklaring oor plaasaanvalle