Regsoptrede oor tolhekke?

“Die VF Plus is van mening dat regsaksie teen die oorhoofse tolhekstelsel steeds ‘n moontlikheid is en wil graag moontlike belanghebbendes in verdere stappe bystaan. Dit volg op ‘n berig in Beeld dat regter Bam in die Pretoria hooggeregshof bevind het dat SANPAB/SANRAL met die eienaar van ‘n advertensiebord moes gekonsulteer het alvorens ‘n oorhoofse tolhek wat die bord se uitsig versper opgerig is. Dit blyk dat alle soortgelyk belanghebbendes wat nie gekonsulteer is nie nou wel so ‘n regsaak kan uitmaak. Die VF Plus nooi daarom alle belanghebbendes uit om in gesprek met die party te tree om gesamentlik stappe teen SANPAB te neem,” het adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor vervoer gesê.

Die VF Plus was van meet af gekant teen die tolhekstelsel en het die afgelope tyd ‘n aksie van stapel gestuur om die tariewe te laat verlaag na ten minste 5c per kilometer. Die party het ‘n aanlynpetisie begin wat nou tot 95 000 handtekeninge gegroei het. “Die ongelooflike steun is ‘n bewys dat die belastingbetaler in Suid-Afrika moeg is om te betaal terwyl die regering oneffektief regeer en korrupsie duld,” het adv. Alberts gesê.

Die VF Plus gaan toenemend hulp aan belastingbetalers verleen om die regering tot verantwoording te roep. Daarom nooi die VF Plus alle belanghebbendes uit wat direk geraak word deur die oorhoofse tolhekstelsel om die VF Plus te kontak.

справка в тренажерныйлобановский александр жена

Maak 'n opvolg-bydrae