Die politieke amateurs van ENB

Skoolkinders is betaal om negatiewe politieke stellings te maak in video’s wat in Eerste Nasionale Bank (FNB) se omstrede You Can Help-veldtog gebruik is, is Dinsdag berig. The New Age berig dat die kinders voorgeskryf is wat om in die video’s te sê en dat die kinders R3 500 per dag betaal is om daarin

Lees verder: Die politieke amateurs van ENB

Boer kritiek, voorman sterf in plaasaanval

Die polisie is op soek na die aanvallers van ‘n mielieboer en sy plaasvoorman van Bapsfontein aan die Johannesburgse Oos-Rand, het RSG berig. Die voorman, wie se naam nie bekendgemaak is nie, is koelbloedig doodgeskiet. Die boer, Gert van Wyk, is in ‘n kritieke toestand in die hospitaal. Volgens ‘n vrou wat op die buurplaas

Lees verder: Boer kritiek, voorman sterf in plaasaanval

Swartes van ABO vereer

Die Oorlogsmuseum in Bloemfontein het ‘n vier meter hoë brons standbeeld op sy terrein bekendgestel om die meer as 12-duisend swartmense te huldig wat die boerekommando’s tydens die Anglo Boere-oorlog bygestaan het. Die direkteur van die museum, Tokkie Pretorius, sê dit is deel van ‘n program om hulde te bring diegene wat by die oorlog

Lees verder: Swartes van ABO vereer

NUM het wapens uitgedeel aan lede

Ian Farlam se kommissie van ondersoek het vroeër gehoor dat die vakbond National Union of Mineworkers (NUM) wapens aan lede in Marikana, Noordwes, vir selfverdediging gegee het. Saziso Gegeleza, lid van die vakbond en werknemer van Lonmin, het getuig oor wat op 11 Augustus gebeur het, toe stakende werkers probeer het om die vakbond se

Lees verder: NUM het wapens uitgedeel aan lede

Demokrasie, wat Obama nie kan bekostig nie

Die VSA se president kan tans een ding nie bekostig nie, en dit is demokrasie, die gonswoord wat die nuwe millenium ingelui het. Saoedi-Arabië is die wêreld se laaste absolute monargie. Soos Louis XIV, is koning Abdoellah ‘n monarg in die ware sin van die woord. Maar terwyl ‘n rewolusie in Saoedi-Arabië nog steeds nie

Lees verder: Demokrasie, wat Obama nie kan bekostig nie

Waar gaan die plastieksaktaks heen?

Tien jaar nadat die regering begin het met die regulering van die gebruik van plastieksakke, is daar geen sekerheid oor waar die miljoene rande vir sakke heen verdwyn het nie. In ‘n poging om die aantal van plastieksakke wat die land besoedel te verminder, het die regering ‘n 3c heffing op herwinbare sakke in 2003

Lees verder: Waar gaan die plastieksaktaks heen?

Muldersdrift: Nóg ‘n moord

Die polisie soek na verdagtes nadat nog ‘n moord in die Muldersdrift-omgewing plaasgevind het. ‘n 55-jarige man is Saterdagaand buite sy huis deur onbekende persone doodgeskiet toe hy na ‘n buurman wou stap om vas te stel waarom dié se honde aanhoudend blaf. Geweldsmisdaad in die Muldersdrift-gebied het die afgeloop tyd skerp toegeneem. Volgens ‘n

Lees verder: Muldersdrift: Nóg ‘n moord

Franse herower Timboektoe

Franse magte het Timboektoe Maandag omsingel en beheer oor die lughawe geneem. Dié verwikkeling is die jongste deurbraak in die stryd teen Islamitiese rebelle wat uit sleutelvestings in die noorde verdryf word. Franse valskermsoldate het Islamiete wat probeer vlug het, verhoed, terwyl troepe onder Franse beheer die lughawe ingeneem het. Timboektoe was ‘n belangrike vesting

Lees verder: Franse herower Timboektoe