‘n 55-jarige man is Saterdagaand buite sy huis deur onbekende persone doodgeskiet toe hy na ‘n buurman wou stap om vas te stel waarom dié se honde aanhoudend blaf.
Geweldsmisdaad in die Muldersdrift-gebied het die afgeloop tyd skerp toegeneem.
Volgens ‘n polisiewoordvoerder is die motief vir die jongste aanval nie bekend nie, aangesien niks gesteel is nie.
André Becker (29) is Donderdagaand in die Fourways-hospitaal dood nadat hy in dieselfde omgewing twee keer in die bors geskiet is voor sy dogter, seun en swanger vrou.
“Baby, ek gaan dood,” het hy aan Lizette, sy vrou en ma van hul kinders, Aiden (4) en Hayley (2), gesê.
Lizette, wat vier maande swanger is met die egpaar se derde kind, moes later verneem dat een van die twee borsskote regdeur haar man se hart is.
