Die Valke is tans besig om te oorweeg of hulle Tzipi Livni, die huidige leier van die opposisie, en voormalige Minister van Buitelandse sake van Israel, gaan arresteer wanneer sy hier aanland op haar besoek na SA later vanjaar. Sy besoek SA op uitnoding van die Joodse Raad van Afgevaardiges. Die Valke meen sy was
Skokverslag oor reeksverkragters dui op nood in SAPD
“Die verslag van die Polisie se Nasionale Sielkundige Ondersoekeenheid waarin gewaarsku word dat ondersoeke na reeksmoordenaars en –verkragters die Polisie in ‘n verleentheid kan stel as gevolg van swak en patetiese ondersoekwerk, is ‘n bewys dat spesialiseenhede heringestel moet word in die Polisie,” sê mnr. Pieter Groenewald (LP), hoofwoordvoerder van Polisie vir die Vryheidsfront Plus.
Lees verder: Skokverslag oor reeksverkragters dui op nood in SAPD
Praag-kongres 25 en 26 Februarie 2011
Praag wil van 2011 ‘n waterskeidingsjaar maak, waarin die Afrikaner in massas gemobiliseer moet word om op te staan vir hulle regte, en elke se volk se reg tot selfbeskikking tot sy volle potensiaal te dryf. In dié verband het ons tot die besluit gekom om op 25 en 26 Februarie ‘n kongres te hou
Malema vir volkeregmisdaad ondersoek ná PRAAG-vertoë
Die nasionale vervolgingesag se Noord-Gauteng-afdeling ondersoek mnr. Julius Malema vir oortredings van die volkereg, spesifiek die aanhitsing tot volksmoord, ná vertoë deur die Pro-Afrikaanse Aksiegroep. Advokaat Gerrie Nel van die Nasionale Vervolgingsgesag het gister in ‘n brief wat aan dr. Dan Roodt van PRAAG gerig is, bevestig dat die direkteur van openbare vervolgings vir die
Lees verder: Malema vir volkeregmisdaad ondersoek ná PRAAG-vertoë
Praag ondersteun besoek van Livni
PRAAG ondersteun die besoek van die voormalige Israelse minister van buitelandse sake, Tzipi Livni, aan Suid-Afrika. Só sê dr. Dan Roodt van dié organisasie. “Die gedagte dat Tzipi Livni ‘n oorlogsmisdadiger sou wees en hier in hegtenis geneem moet word, is eenvoudig belaglik. Veel eerder behoort daar gekyk te word na die werklike oorlogsmisdade en
Buitelanders in ons tronke
Volgens die minister van Korrektiewe Dienste, me. N Mapisa-Nqakula, word 595 buitelanders vir moord, 253 vir poging tot moord, 1 359 vir roof met verswarende omstandighede, 812 vir gewone roof en 431 vir verkragting in Suid-Afrikaanse tronke aangehou. Sy het geantwoord op ‘n vraag van Pieter Groenewald van die Vryheidsfront Plus in die parlement. Die
Nederlandse navorsing wys etniese agterstand
Immigrante begin die laerskool in Nederland nog steeds met ‘n agterstand. Die skole kry sedert verlede jaar minder owerheidsgeld om die probleem die hoof te bied. Maar die uitgangspunt van die nuwe beleid klop nie, blyk dit nou uit navorsing. Skole kry al jare ekstra geld vir kinders wat met ‘n agterstand hul skoolloopbaan begin.
As die rasseskoen aan die ander voet is
Die jaar 2010 is afgesluit met ‘n reuse openbare debat oor die rassekwessie. Dit het ook in peilings geblyk, ironies in dieselfde jaar waar ondersteuners van die huidige grondwet op sukses geroem het na aanleiding van die Wêreldbeker-sokkertoernooi wat in Suid-Afrika aangebied is. Dit was op die oog af merkwaardig nadat die AWB-leier, Eugene Terre’Blanche
‘n Mens kan nie jou eie belang in Afrika voorop stel nie
Anton, ‘n mens kan in Afrika nie ‘n koolbredie kook en hoop dat die vliëe dit nie sal toepak nie. Maw jy is gedoem as jy jou eie belang voorop stel en nie die land se belang nie. Wat verstaan jy onder die begrip selfbeskikking? пробурить артезианскую скважину ценаФильчаков прокурор
Lees verder: ‘n Mens kan nie jou eie belang in Afrika voorop stel nie
Skok heers oor brandweerman se verdrinking
Die VF Plus-raadslede in die Tshwane-metroraad het met skok kennis geneem van die verdrinking van die brandweerman Henry Knox, van die Wonderboom-brandweerstasie op Maandag 17 Januarie 2011. Dit is tragies dat hy in diens gesterf het, terwyl hy probeer het om ‘n ander persoon se lewe te red. Die Vryheidsfront Plus spreek hiermee sy simpatie
