‘n Tsjeggiese Europa

ImageVan vandag af is die Tsjeggiese republiek vir ses maande lank voorsitter van die Europese Unie. Dié land neem die leiding by die polities korrekte Franse oor.

ImageVan vandag af is die Tsjeggiese republiek vir ses maande lank voorsitter van die Europese Unie. Dié land neem die leiding by die polities korrekte Franse oor.

Lees verder: ‘n Tsjeggiese Europa

Matriekuitslae: In die land van die blindes…

Die woorde van die Gautengse LUR vir onderwys, Angie Motshekga, was sekerlik ironies bedoel toe sy blykbaar in Afrikaans gesê het: "Ek wil weet hoe die Boere dit doen." Daarmee het sy verwys na die honderdpersentslaagsyfer en ongekende aantal onderskeidings wat soveel Afrikaanse skole behaal het.

Die woorde van die Gautengse LUR vir onderwys, Angie Motshekga, was sekerlik ironies bedoel toe sy blykbaar in Afrikaans gesê het: "Ek wil weet hoe die Boere dit doen." Daarmee het sy verwys na die honderdpersentslaagsyfer en ongekende aantal onderskeidings wat soveel Afrikaanse skole behaal het.

Lees verder: Matriekuitslae: In die land van die blindes…

Paris Hilton stimuleer Australiese ekonomie met inkopies

Paris Hilton Paris Hilton, die Amerikaanse sosiale vlinder, het haarself verdedig as 'n redder wat inkopies doen vir 'n groter saak in taai ekonomiese tye. In Sydney, Australië, die gasheer vir 'n eksklusiewe Nuwejaarsdanspartytjie, het die 27-jarige erfgenaam van die Hilton-hotelfortuin vandeesweek erge kritiek uitgelok met haar inkopie-uitstappie, waarin sy in 40 minute sowat 5

Lees verder: Paris Hilton stimuleer Australiese ekonomie met inkopies

Amerikaanse verbruikersvertroue daal tot historiese laagtepunt

Amerikaanse verbruikersvertroue het 'n historiese laagtepunt bereik in Desember, en verder gedaal vanweë die vooruitsig van stygende werksverliese, Die daling verteenwoordig nog 'n teken dat verbruikersbesteding waarskynlik nie daarin sal slaag om Amerika vinnig uit die jaarlange resessie te help nie. Verbruikers was maande lank senuweeagtig om groot bedrae geld te bestee; mense het nuwe

Lees verder: Amerikaanse verbruikersvertroue daal tot historiese laagtepunt

Taxibestuurder doodgeskiet in taxigeweld

'n Taxibestuurder is Dinsdag doodgeskiet in Primrose, Germiston in wat polisie glo 'n voorval voortslepende taxigeweld was. 'n Polisiewoordvoerder, kaptein Owen Mlumbi, het gesê gewapende mans het in 'n voertuig langs die taxi ingetrek en die bestuurder (50) doodgeskiet en twee passasiers gewond. Die passasiers is in die hospitaal opgeneem. Mlumbi het gevra dat enige

Lees verder: Taxibestuurder doodgeskiet in taxigeweld

Oegandese rebelle maak 400 in Kongo dood, volgens liefdadigheidsorganisasie

Oegandese LRA-rebelle het meer as 400 mense doodgemaak tydens Kersdagslagtings in die noordooste van die DRK, het die Caritas-liefdadigheidsorganisasie Dinsdag gesê. Die rebelle het dit ontken en soldate van de DRK, Oeganda en suidelike Soedan daarvan beskuldig dat hulle die slagoffers "gebom" het. Die LRA het 'n dorp geteiken waar 'n Kersdagkonsert gehou is, en

Lees verder: Oegandese rebelle maak 400 in Kongo dood, volgens liefdadigheidsorganisasie

SA handelstekort vergroot in November

Suid-Afrika se handelstekort het in November vergroot tot R12,1 miljard – grootliks te wyte aan hoër voertuiginvoere en laer edelmetaaluitvoere – het amptelike data Dinsdag getoon. Die Suid-Afrikaanse inkomstediens het gesê die gaping het toegeneem van R9,8 miljard in Oktober, ten spyte van 'n skerp afname in olie-invoere. Ekonome wat verlede week deur Reuters ondervra

Lees verder: SA handelstekort vergroot in November

Belgi? kry weer ‘n regering

Herman van Rompuy België het vir derde keer in een jaar ’n nuwe regering gekry. Hierdie keer is die premier Herman van Rompuy, ’n christen-demokraat soos sy voorganger Yves Leterme. Van Rompuy is opgelei in die filosofie en ekonomie. Hy is iemand wat ’n optimis beskou as ’n “sleg ingeligte pessimis”, aldus ’n artikel in

Lees verder: Belgi? kry weer ‘n regering

Vier aangekeer vir dwelmhandel in Alexandra

Vier mans is in Alexandra aangekeer vir dwelmhandel en die besit van dwelms en vermoedelik gesteelde goedere, het die Johannesburgse polisie Dinsdag gesê. Hulle is gearresteer in die vroeë oggendure in 7de Laan ná 'n wenk van 'n plaaslike inwoner, het konstabel Neria Malafetse gesê. Die polisie het 'n skootrekenaar, twee selfone, 'n MP4-speler, 'n

Lees verder: Vier aangekeer vir dwelmhandel in Alexandra

Swarte vermoor ma met assegaai

'n 45-jarige man het na bewering sy ma met 'n assegaai vermoor in Willowvale, Queenstown, het die Oos-Kaapse polisie Dinsdag gesê. Kaptein Lingisile Magame het gesê die man, wat vermoedelik sielkundige afwykings het, het Maandag by die huis aangekom en was met 'n spies bewapen. Hy het aan sy ma gesê dat hy op soek

Lees verder: Swarte vermoor ma met assegaai