‘n Verontwaardigde Ruda Landman het die afgelope week aan Rapport gesê sy is keelvol daarvoor dat rassiste aanneem sy is ook een net omdat sy ook wit is. Landman, wat blykbaar bekommerd is dat sy nie meer deur die publiek as ‘n bekende gesig opgemerk word nie, het aan Rapport gesê sy gaan nooit weer rassistiese opmerkings
Boer deur verkeerspolisie aangerand
Die “intervensie-eenheid” van Mpumalanga se verkeersdepartement se eerste dag in die veld, het gelei tot die ernstige aanranding van ‘n 42-jarige wit boer van Grootvlei omdat sy remlig glo stukkend was. ‘n Woordvoerder van die departement van veiligheid en sekuriteit, het die voorval bevestig. Lt.kol. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, het gesê die saak word ondersoek. Rikus Ras is
Gaan jy getel word?
Die Minister van Nasionale Beplanning, Trevor Manuel sê die sensus-opname, wat drie weke sal duur, is noodsaaklik sodat beplan kan word vir die verspreiding van dienste en ontwikkeling in die land. Manuel het die ligte op Tafelberg aangeskakel om die amptelike begin van die opname aan te dui. Manuel sê die regering hoop om beter
Staatsamptenare woedend oor ‘militarisering’ mbv Kuba
Die Vereniging van Staatsamptenare gaan die departement van binnelandse sake dagvaar as gevolg van wat hulle beskou as ‘n poging om die departement te militariseer deur die werwing van lede van die weermag. Volgens hofstukke is die departement besig om ‘n ”sekuriteitsdepartement” te word, geskoei op ‘n samewerkingsooreenkoms wat met die Kubaanse regering onderteken is.
Lees verder: Staatsamptenare woedend oor ‘militarisering’ mbv Kuba
Bono sê Tutu ‘trap in Christus se spore’
Die Britte het die groot kannone gelaai vir Aartsbiskop emeritus Desmond Tutu se 80ste verjaarsdag. Nie net is die Aartsbiskop van Kantelberg op pad na Suid-Afrika nie, maar glanspersoonlikhede in die Britse stal het op Kaapstad toegesak. Die Ierse musikant Bono het van die kansel van die St George’s Katedraal in Donderdag vir Tutu gesing.
‘Die ergste krisis ooit’
Die Bank van Engeland se goewerneur, Sir Mervyn King, het ná die besluit deur die Bank se Monetêre Beleidskomitee om £75 miljard van nuutgeskepte geld te druk, gesê die wêreld staar die ergste krisis sedert 1930, of “van alle tye” in die gesig. Dié besluit is geneem in ‘n desperate poging om te verhoed dat
Die lama kom!
александр лобановский харьков
Afrika lanseer ruimteprogram in SA
Die kos op die tafel kan uiteindelik afhang van ons kennis van die ruimte. So sê Dr. Seidu Mohammed, direkteur-generaal van Nigerië se Nasionale Ontwikkelingsagentskap vir Ruimtenavorsing. Hy sê ontwikkelende lande sal in tegnologie moet belê omdat voedselsekuriteit daarop staatmaak. Afrika is ver agter wat tegnologiese vooruitgang betref nadat verskeie sulke programme wat onder die
Wêreld treur oor Jobs se heengaan
Steve Jobs, die rockster van tegnologie, se heengaan word deur aanhangers, bekendes, politici en korporatiewe leiers soos die afsterwe ‘n pop-ikoon betreur. Jobs, ‘n aangenome kind, was die biologiese seun van ‘n Siriese Moslem-immigrant wat na die VSA gekom het. By Apple se hoofkwartiere, wat deur Jobs 1 Infinite Loop gedoop is, het ‘n klein
Metropolisie met vals nommerplate vas
Drie beamptes van die Tshwane-metropolisie is Donderdagoggend in hegtenis geneem nadat hulle in ‘n motor met vervalste nommerplate gery het, het die Padverkeersbestuurkorporasie (RTMC) gesê. Die drie metropolisiebeamptes – wat in volle uniform geklee was – het in ‘n privaatvoertuig gery toe hulle afgetrek is gedurende ‘n operasie op ‘n hoofpad buite Pretoria, het Ashref
