Zille, FNB staan self agter die deur

‘n Suid-Afrikaanse bank het geen amptelike redes verskaf vir waarom hulle ‘n reeks advertensies verwyder het nie en net gesê dat die bedoelings is verkeerd opgeneem. Die nuutste relletjie is ‘n advertensiefoefie wat weereens baie Suid-Afrikaners gevang het. ENB, deesdae FNB, se veldtog Jy kan Help het verlede week in Soweto met ‘n reeks aanlynvideo’s

Lees verder: Zille, FNB staan self agter die deur

Geweld tydens stakings eis 181 sedert bevryding

Geweld gedurende stakings het in totaal die lewens van 181 mense die afgelope 13 jaar dood geëis, het die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRR) gesê. “Die grootste aantal sterftes het in 1999, 2006 en 2012 plaasgevind – met 30, 69 en 60 sterftes onderskeidelik,” het die SAIRR Maandag in ‘n verklaring gesê. Die sterftes in

Lees verder: Geweld tydens stakings eis 181 sedert bevryding

Onrus brei verder uit in Vrystaat

Dit wil voorkom asof diensleweringsbetogings in die noord-Vrystaat besig is om te versprei nadat daar gister in twee dorpe voorvalle was. Op Hennenman moes die burgemeester van Matjhabeng, Sebenzile Ngangelizwe uit die Phomolong stadion onder polisie-begeleiding geneem word toe betogers die burgemeester en sy gevolg met klippe gegooi het. ‘n SAUK-voertuig is ook onder die

Lees verder: Onrus brei verder uit in Vrystaat

Brits het ‘n slagveld geword

Die SAP se Landelike beveiligings initiatief in Brits het totaal gefaal. Dit was Raadslid Elsa Lourens van die Vryheidsfront Plus, Brits, se kommentaar op n plaaslike koerant berig waarin Thandi Modise, Premier van die Noordwes, haar kommer uitgespreek het oor die vlaag van gewapende rooftogte wat Brits teister. Volgens die berig is Suid Afrikaanse boere

Lees verder: Brits het ‘n slagveld geword

Situasie in Sasolburg versleg

Twee vragmotors is Maandag deur inwoners van die Zamdela-lokasie in Sasolburg aan die brand gesteek, het die polisie in die Vrystaat, gesê. “‘n Vragmotor wat ‘n paar meter ver van die polisiekantoor gestaan het, is deur die skare verwoes. Dit brand tans,” het konst. Peter Kareli gesê. “Nóg ‘n vragmotor word op die R82 verwoes.

Lees verder: Situasie in Sasolburg versleg

‘n Swart mag in Afrika: Africom

Die Britse premier David Cameron, het dié naweek dit duidelik gemaak dat “die Weste vir dekades lank in Noord-Afrika teenwoordig sal moet bly” om probleme in die streek die hoof te bied. Wat eers gelyk het na uitsluitlik ‘n Franse uraanbeheer-kwessie met die eise van Islamiste in Mali, het pas uitgebrei na Algerië toe ‘n

Lees verder: ‘n Swart mag in Afrika: Africom

Polisie vrees nog geweld in Bloemhof

Die onlangse staking by die Dairybelle-kaasfabriek se stoor in Bloemhof asook brandstigting, het verder gelei tot die intimidasie van ‘n plaaslike wit sakeman. Sewe verdagtes het intussen verlede Woensdag in die landdroshof op Bloemhof in Noordwes verskyn op aanklagte van openbare geweld en opsetlike saakbeskadiging na aanleiding van die staking. Die verdagtes is aangekeer nadat

Lees verder: Polisie vrees nog geweld in Bloemhof

Oproeriges plunder Sasolburg se sakekern

Beeld berig dat Sasolburg se winkeleienaars dié naweek inderhaas hul winkels moes sluit toe meer as 3 000 oproerige plakkers van die Zamdela-lokasie op loop gegaan het. Die opstand volg nadat amptenare van die Metsimaholo-munisipaliteit inwoners van Zamdela toegespreek het oor die beplande samesmelting van die Metsimaholo- en Ngwathe-munisipaliteit. Die Metsimaholo-munisipaliteit beslaan die dorpe Sasolburg,

Lees verder: Oproeriges plunder Sasolburg se sakekern

Gyselaardrama: 25 sterf by Algerynse gasaanleg

Die lyke van 25 gyselaars wat deur Islamiste gevange geneem is, is Sondag by ‘n gasaanleg in die Algerynse Sahara-woestyn gevind, berig die plaaslike media. Dít volg nadat spesiale magte toegeslaan het op die aanleg om ‘n 72 uur lange gyselaatdrama te beëindig. Anis Rahmani, direkteur van die plaaslike televisie-kanaal Ennahar, het aan AFP gesê

Lees verder: Gyselaardrama: 25 sterf by Algerynse gasaanleg

Ministers se huisopknappings kos R65 miljoen

Die departement van openbare werke het in die 2011/12 boekjaar byna R65 miljoen bestee aan verbeterings by die huise van ministers en adjunkministers, berig Sunday Times. Volgens die koerant het Thulas Nxesi, minister van openbare werke, in reaksie op ‘n LP se vraag op 14 Desember, dié uitgawe erken. Die rekeninge sluit in: R15 miljoen

Lees verder: Ministers se huisopknappings kos R65 miljoen