Brits het ‘n slagveld geword

Die SAP se Landelike beveiligings initiatief in Brits het totaal gefaal. Dit was Raadslid Elsa Lourens van die Vryheidsfront Plus, Brits, se kommentaar op n plaaslike koerant berig waarin Thandi Modise, Premier van die Noordwes, haar kommer uitgespreek het oor die vlaag van gewapende rooftogte wat Brits teister.

Volgens die berig is Suid Afrikaanse boere se kanse om vermoor te word 2 keer meer as die van n polisielid. Volgens Lourens is dit onakuraat en is die syfer wat tans beskikbaar is vir plaasmoorde 313 tot 100 000 teenoor die 51 Moorde per 100 000 polisielede wat volgens die berig in 2011/2012 geraporteer is. Dit is 6 keer meer as die moorde op polisielede, se Lourens.

Die syfer was vir die Min van Polisie so kommerwekkend dat hy n Nasionale beraad gehad het waar daar toe n Tien punt plan aangekondig is om die moorde op Polisie lede aan te spreek. Aan die anderkant word plaasmoorde glad nie as prioriteit gesien nie.

Net in die laaste 6 maande was daar 8 plaasmoorde in Brits, en 22 boere is barbaars aangeval in n radius van ongeveer 20km. Die syfers vir aanvalle en rowe in ander areas soos Beestekraal en Kameeldrift is nie bygereken nie en aangesien akurate polisie statistieke nie beskikbaar is nie, is dit dus onmoontlik om die plaasaanvalle en plaasmoorde waarvan ons bewus is af te trek en dan te vergelyk met die oorblewende statistiek van ander geweldsmisdaad vir die tydperk in Brits.

Die skielike toename in grusame moorde en geweldadige aanvalle op plase in die Brits omgewing dui daarop dat die SAP nie gerat of bevoeg is om voorkomend teen misdaad in Brits op te tree nie, en daar word ook nie n daadwerklike poging van hulle kant af gemaak om die saak reg te stel nie. Die SAP het dus ons plase en kleinhoewes in Brits en omgewing in n slagveld verander deur die perfekte omstandighede vir die tipe misdaad te skep, se Lourens.

лобановский александр биография

Maak 'n opvolg-bydrae