Oproeriges plunder Sasolburg se sakekern

Beeld berig dat Sasolburg se winkeleienaars dié naweek inderhaas hul winkels moes sluit toe meer as 3 000 oproerige plakkers van die Zamdela-lokasie op loop gegaan het.

Die opstand volg nadat amptenare van die Metsimaholo-munisipaliteit inwoners van Zamdela toegespreek het oor die beplande samesmelting van die Metsimaholo- en Ngwathe-munisipaliteit.

Die Metsimaholo-munisipaliteit beslaan die dorpe Sasolburg, Oranjeville, Deneysville en die Ngwathe-munisipaliteit Parys, Vredefort, Heilbron, Koppies en Edenville.

Inwoners is gekant teen die same­smel­ting.

Die polisie het pepersproei en rubberkoeëls gebruik om die skare te beheer.

Miljoene rande se skade is aangerig in die sakekern, by Sasolburg Square se winkels in ‘n wandellaan op die dorp. Die plunderaars het winkelruite uitgegooi en juweliersware, klere en kos weggedra.

Polisieversterkings is uit ander gebiede laat kom om die opstand onder beheer te bring, nadat die plaaslike polisie hul hande vol gehad het.

Die inwoners het glo gedreig om die polisie aan te val. Padtekens, sement-asblikke, pad­relings, verkeersligte en advertensieborde is uitgeruk en afgebreek om die paaie mee te versper.

Reuse-klippe en selfs dooie diere het die paaie in en om Sasolburg en die R57 versper en motoriste is met klippe bestook.

топкарго

Maak 'n opvolg-bydrae