Volgens die koerant het Thulas Nxesi, minister van openbare werke, in reaksie op ‘n LP se vraag op 14 Desember, dié uitgawe erken.
Die rekeninge sluit in: R15 miljoen wat aan Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondsake, se huis in Kaapstad bestee is, opknappingswerk van R10,67 miljoen aan ‘n huis wat Lydia Chikunga, adjunkminister van vervoer, sou gebruik en minder as R5 miljoen aan opgraderings aan ‘n huis wat aan Tina Joemat-Pettersson, minister van landbou toegeken is.
Mtobeli Mxotwa, ‘n woordvoerder vir Nkwinti, het aan die koerant gesê: “Minister Nkwinti het nie beheer oor staatsbates of huise nie. Hy vat net wat die departement van openbare werke toeken”.
Chikunga het gesê dit is “onregverdig” om verbind te word om die buitensporige besteding.
“Ek het nooit opknappings van R10 miljoen versoek nie.”
Joemat-Pettersson se woordvoerder, Palesa Mokomele, het navrae na die departement van openbare werke verwys.
