Die ANC regime se gewraakte eed vir skoolkinders, wat pas deur die onderwysminister bekend gestel is, het nie diegene wat die ergste verwag het, teleurgestel nie. Dit het baie duidelik ten doel om blankes opnuut op ons plek te sit, om ons opnuut attent te maak op die “onregte” wat blankes glo aan swartmense in die verlede gedoen het. Ek haal aan: “Recognising the injustices of our past.”
ANC-eed eer terroriste soos Mahlangu

Oud-minister Pik Botha het verlede jaar op 14 Julie 2007 ʼn debat ontketen met sy stelling dat “die ANC vir ons gelieg het” tydens die Kemptonpark-onderhandelinge in die vroeë negentigerjare. Ook mnr. F.W. de Klerk het op dieselfde tydstip ʼn verklaring uitgereik waarin hy meen dat “die huidige toepassing van regstellende aksie strydig is met dit waarop destyds in die grondwetlike onderhandelings ooreengekom is”.