Lubanga-verhoor sal o? oopmaak vir kindersoldate

ImageAanklaer Luis Moreno-Ocampo hoop om die mensdom bewus te maak van die lot van kindersoldate wanneer hy volgende week teen die Kongolese milisieman Thomas Lubanga te staan kom in die Internasionale kriminele hof se eerste saak.

"Dit is 'n saak om die erns daarvan uit te wys dat honderde kinders gedwing word om soldate te word, en om moordenaars te word," het die 56-jarige Argentyn aan AFP gesê gedurende 'n onderhoud by sy kantoor, te midde van laaste voorbereidings.

Hy het gesê die saak sal 'n donker prentjie skilder van wat dit behels om 'n kindersoldaat te wees.

"As volwassenes het ons 'n verantwoordelikheid om ons kinders te leer. En hier was kinders geleer om te moor, geleer om te stroop en te verkrag…"

Ses jaar later "ly hulle nog steeds. Hulle probeer steeds herstel van wat gebeur het. Ek dink dit is baie belangrik om die drama van die soort misdaad te verstaan."

Na maande van vertragings gaan Lubanga se verhoor Maandag begin vir die beweerde werwing van kindersoldate in die gewapende vleuel van sy Union of Congolese Patriots (UCP) rebellegroep.

Hy word aangekla van drie oorlogsmisdade vir die beweerde gebruik van kinders in die Ituri-streek van die DRK tussen September 2002 en Augustus 2003. Die streek is baie ryk aan goud.  

купить липецк химия для ремонта шинФильчаков прокурор харьков

Kabila se besluit om na Rwanda te vry het Kongolese woedend

President Joseph Kabila se besluit om Rwandese soldate toe te laat in die ooste van die Kongo om deel te neem aan 'n gesamentlike militêre operasie om van gewapende milisie ontslae te raak het woede en onsekerheid regoor die land laat ontstaan.

Dié besluit het die laerhuis se speaker, Vital Kamerhe, woedend gelaat. Kamerhe het gesê die president het nie die parlement ingelig oor die ernstige besluit om soldate wat met gruweldade verbind ws in die verlede, weer in die land toe te laat nie.

Kamerhe het gesê hy was bekommerd oor die "moreel van die Kongolese bevolking wat nou net opgestaan het van 'n traumatiese tyd aan die hand van die Rwandese", wat sy veel groter buurman twee keer in die 1990's binnegeval het en plaaslike rebelle ondersteun het.

"Dit is moeilik om te kan sê presies wat Kabila se spesifieke planne is, maar wat wel seker is, is dat hy 'n baie groot politieke risiko loop," het 'n diplomaat gesê wat in Kinshasa gestasioneer is.

Die gesamentlike operasie is veronderstel om die Rwandese Hoetoe-milisie, die Democratic Forces for the Liberation of Rwanda, uit te roei. Dié groep was agter die onrus in die streek vir meer as 'n dekade.

Dit is die tweede keer in maande dat Kabila – wie se weermag magteloos was teen die rebelleaanslag in die ooste van die Kongo in Oktober – moes staatmaak op buurlande se gewapende magte om rebellegroepe wat in die streek skuil uit te snuffel.

In Desember het sy magte, saam met dié van Oeganda en Soedan, 'n gesamentlike aanval op die Oegandese rebelle, die LRA in die verre noordooste van die land geloods. Dit het veroorsaak dat duisende Oegandese soldate in die Orientale provinsie ingestroom het. 

аэраторлобановский политик

Amerikaanse Nazi’s ‘neem ‘n snelweg aan’

Image'n Eenheid van die Nasionale Sosialiste Beweging, 'n Nazigroep het 'n snelweg naby Springfield aangeneem as deel van die staat se teen-rommelstrooiingsprogram.

Die groep is verantwoordelik vir 'n halfmyl stuk van Snelweg 160 wat net binne die stadsgrense is. Groepe wat snelweë aanneem is verantwoordelik om die stroke langs die pad skoon te hou.

Die tekens wat die groep se pogings adverteer is in Oktober aangebring, maar het onlangs eers aandag getrek toe die groep rommel langs die snelweg opgetel het.

Die staat het gesê daar is geen manier om die groep se aansoek af te keur nie. 'n Hooggeregshofuitspraak van 2005 na 'n soortgelyke poging van die Ku Klux Klan het gesê lidmaatskap van die "neem 'n snelweg aan" kan nie geweier word op grond van die groep se politieke oortuigings nie.

укладка ламината цена за м2Фільчаков Олександр Васильович

Franse Moslems weier om te veg in Afghanistan

Verskeie Moslemsoldate het geweier om in Afghanistan te veg deur hulle godsdiens voor te hou, volgens die woernaal, “Secret Defense,” soos bevestig deur die Franse Leër.

Hierdie is jong Moslems wat nie ander Moslems in Afghanistan wil beveg nie, skryf Libération se joernalis, Jean-Dominique Merchet.

“Die weiering om weens geloofsredes op 'n sending te gaan, is 'n mikroverskynsel wat minder as vyf gevalle  per jaar behels,” sê kolonel Benoit Royal, hoof van Inligting en Openbare betrekkinge van die Leër.

Dit weerspieël, volgens sy mening, “'n flater in begrip van die betekenis van hulle onderneming om die wapen op te neem om Franse belange en waardes te alle tye en alle plekke te beskerm".

Voorts, volgens Kolonel Royal, “word 'n dissiplinêre prosedure in die geval van weiering gevolg, wat meestal uitloop op die beëindiging van die kontrak".

Libération se woernaal voer aan dat 'n saak verlede Oktober in die 1ste Infanterieregiment Sarrebourg (Moselle) aanhangig gemaak is. Die soldaat het egter sy besluit omgekeer nadat hy met 'n Moslemkapelaan gepraat het.

Die aantal Franse soldate wat Moslems is, is onbekend.

раскрутка сайтаалександр лобановский супермаркет класс

Rwandese troepe steek Kongolese grens oor om Hoetoe-milisie te beveg

Image

Rebellesoldate in die Kongo

Meer as 1500 Rwandese soldate het die grens oorgesteek na die oostelike Kongo toe, en hulle aangesluit by die Kongolese magte in 'n poging om die Hoetoe-rebelle wat deelgeneem het aan die 1994 volksmoord in Rwanda uit te wis, het amptenare gesê.

'n Kongolese regeringswoordvoerder, Lambert Mende, het gesê die Rwandese magte het Dinsdagoggend aangekom vir 'n gesamentlike militêre operasie wat tot 15 dae kan duur.

"Ons het gevra dat die Rwandese weermag deelneem aan die ontwapeningsoperasie teen die Hoetoe-milisie, wat reeds begin het," het Mende gesê.

In 'n rare voorkoms van samewerking, skerp die twee nasies pogings op teen die Hoetoe-milisie wat reeds geruime tyd die streek gedestabiliseer het. Ten spyte daarvan was nie een van die lande in staat daartoe om die Hoetoe-rebelle  wat reeds in 1994 na die Kongo toe gevlug het, uit te wis nie.

Die Hoetoe-rebele, wat gehelp het om die volksmoord te pleeg waarin meer as 500 000 etniese Toetsies en gematigde Hoetoes vermoor is, het onaangeraak in die Kongo gebly, waar hulle swaar bewapen is en ook in beheer verkeer van die winsgewende myne in afgeleë heuwels en woude.

Die Hoetoe-milisie het burgerlike mense geterroriseer, aan Toetsierebelle 'n rede gegee om aan te hou veg en ook veroorsaak dat Rwanda die Kongo in 1996 en 1998 binnegeval het.

Die VN-sending in die Kongo het gesê hulle is nie betrokke by die operasie nie, maar het bevestig dat dit voortgaan. Die VN-vredesmagte se woordvoerder, lt.kol. Jean-Paul Dietrich, het gesê tussen 1500 en 2000 Rwandese soldate het die grens oorgesteek. 

одежда для младенцевлобановский александр дочь

SAL-bemanning aangekeer weens 50 kg dagga

Die vlieënier en hele bemanning van 'n SAL-vliegtuig is Dinsdag gearresteer nadat 50 kilogram dagga op 'n vlug van Johannesburg na Londen se Heathrow-lughawe gevind is, het doeanebeamptes gesê.

Die dwelms, wat sowat 150 000 pond werd is, is deur beamptes van die Britse grensagentskap (BGA) gevind, het 'n woordvoerder vir haar majesteit se inkomste en doeane diens (HMID) gesê.

Die dwelms is gevind in drie stukke bagasie. Die mense wat gearresteer is op die vliegtuig, wat om 8:00 op Londen se hooflughawe geland het, sluit in die vlugbemanning en kajuitbemanning het hy gesê.

"Toe die bemanning deur 'n doeaneklaringspunt beweeg het, het BGA-amptenare 'n hoeveelheid dagga in drie tasse gevind," het woordvoerder Bob Gaiger aan AFP gesê.

Die hele bemanning van die vliegtuig is gearresteer en word nou in aanhouding gehou en ondervra deur  HMID," het hy bygevoeg, en bevestig dat die vlieënier ook een van die aangehoudenes is.

"Onderhoude sal gevoer word en sal waarskynlik oorloop na môre toe, waarna ons sal besluit of ons enige iemand sal aankla, of van die mense sal vrylaat, op borgtog indien nodig," het hy gesê.

Geen verdere besonderhede is beskikbaar nie, maar die woordvoerder het beklemtoon hoe ernstig die Britse doeanediens sulke dinge opneem.

"HMID, tesame met die BGA speel 'n belangrike rol in die stryd om onwettige dwelms te verhoed om die land in te kom, en om ons gemeenskappe te beskerm teen die geweld en korrupsie wat altyd dié afstootlike handel vergesel," het hy gesê. 

расширительный бачок на отоплениеФільчаков прокурор

Finansi?le vrese laat aandele in Asi? tuimel

Asiese aandele het Woensdag in vroeë handel gedaal nadat Wallstraat ook gedaal het, waar finansiële vrese die hoop oorskadu het dat president barack Obama vinnig sal beweeg om die sukkelende ekonomie te onderskraag.

Beleggers was bekommerd oor die probleme van banke wat sukkel in Amerika en Europa, wat verdere hulp gaan benodig of dalk selfs genasionaliseer sal moet word, wat verdere druk op regerings se finansies sal plaas.

Aandele het gedaal "oor toenemende kommer oor die solvensie van banke in die ontwikkelde wêreld, en veral in Amerika," het Dariusz Kowalczyk, hoofbeleggingstrateeg by SJS Markets in Hong Kong gesê.

"Die bloedbad was die resultaat van 'n kombinasie van negatiewe verdiensteaankondigings en afgraderings in vooruitsigte deur makelaars, wat die feit beklemtoon het dat bankverliese in die toekoms die skatting ver gaan verbysteek," het hy bygevoeg.

Met geen Obama-herstel oornag op Wall Straat nie, het Tokio 1,93% gedaal teen middagete, terwyl Hong Kong 3,3% gedaal het. Seoel het 3,5% gedaal en Sjanghai 1,2%.

Aandele het 2,0% gedaal in Singapoer, waar die regering gesê het dat die ekonomie 16,9% gekrimp het in die 4de kwartaal, in die ergste vertoning nog in die geskiedenis.

освобождение от физкультуры купитьДанильченко

Obama soek streeksbondgenote om Afghanistan te stabiliseer

Image

Clinton, die VSA se nuwe buitelandse minister

President Barack Obama lyk ingestel daarop om 'n streeksdiplomatieke strategie te volg, sowel as 'n militêre, om Afghanistan en Pakistan te verhoed om nuwe veilige hawens vir teen-Amerikaanse militante te word.

Ten spyte van sy planne om nog duisende soldate na Afghanistan te stuur om stabiliteit te probeer verseker, blyk dit dat die Obama-administrasie na die advies van kenners luister en daarvan bewus is dat 'n militêre oplossing op die lang termyn nie moontlik is nie.

Hillary Clinton, Obama se keuse vir minister van buitelandse sake, het verlede week nagelaat om 'n militêre oorwinning te noem.

Clinton, wat voor 'n senaatbevestigingsverhoor verskyn het, het in die plek daarvan gepraat van die "toepassing van 'n breë strategie in Afghanistan, wat bedreigings teen ons veiligheid verminder en die vooruitsigte op stabiliteit en vrede verhoog".

"Ons sal al die elemente in ons mag gebruik – diplomasie, ontwikkeling en verdediging – om saam met daardie mense in Afghanistan en Pakistan te werk wat Al Kaida, die Taliban en ander geweldaddige ekstremiste wil uitwis," het Clinton gesê.

Oorblyfsels van die Taliban-regering, wat in die Amerikaans geleide inval in 2001 omvergegooi is om Al Kaida-militante uit te dryf, voer nou 'n insurgensie teen die Amerikaans ondersteunde regering van die Afghaanse president Hamid Karzai.

Daar is omtrent 70 000 Amerikaanse en ander buitelandse soldate in die land wat sy aan sy veg met Afghaanse veiligheidsmagte om die Taliban te onderdruk.

Clinton het die nodigheid van breër ondersteuning erken, en het ook gesê dat sy bemoedig is deur die feit dat die nuwe Pakistanse regering verstaan dat die ekstremiste binnelande stabiliteit bedreig, en dat "dit hulle eie geveg is, en nie net ons s'n nie".

Clinton het opmerkings van generaal David Petraeus, uitgaande president Bush se bevelvoerder vir die streek, sowel as senators en ander mense beaam met haar stelling dat lande in dié gebied aan boord gebring moet word vir 'n oplossing.

'n Oplossing vereis 'n streeksbenadering… wat insluit Pakistan, Indië, die sentraal-Asiese state en selfs Sjina en Rusland, dalk selfs saam met Iran op een punt vorentoe," het Petraeus gesê. 

керамические коронкиtopcargo отзывы сотрудников

Dreunsang van ?Totsiens Bush? in gepakte Washington-metro

ImageWashington het gerammel van opgewondenheid vanoggend terwyl tienduisende mense in moltreine ingepers het en deur die strate gespoel het ter viering van die einde van een tydvak en die begin van 'n volgende.

Barack Obama staan gereed om binne enkele ure die leisels van Amerikaanse mag by George W. Bush oor te neem, en moltreinryers wat deur treinprobleme vasgeval was in L’Enfant Plaza het begin sing.

“Totsiens Bush, totsiens Bush,” het hulle oor en oor gedreunsing.

Die bui was in ewe mate 'n uitstorting vir die land se eerste gekleurde president as wat dit 'n viering was van die Republikeinse president se uittrede na agt toenemend ongewilde jare in die Withuis.

Maar die hoë verwagtinge wat oor Obama gekoester word, het Dinsdag tesame met die uitbundigheid onder die skares gegroei.

Selfs van vanoggend seweuur af, het groepe feesvierendes probeer om saamgesnoer te bly terwyl hulle op pad was na die Nasionale Vieringsgebied.

Obama se verwagte aankoms is selfs deur omstanders vergelyk met Jesus se wederkoms.

Moltreine het hulle deure op die ongewoon vroeë tyd van vier voormiddag geopen en het aangedoen by perronne wat so volgepak was dat kondukteurs geweier het om die deure oop te maak maar deurgedruk het na die volgende stasie.

Die druk was so groot by L’Enfant Plaza dat die hekke oopgegooi is vir gratis vervoer.

free casino online no downloadАлександр Фильчаков прокурор

Ek is dronk, jy mag my nie ontslaan nie

Peru se hoogste hof het bevind dat werkers nie ontslaan mag word indien hulle dronk op hulle pos is nie. Die bevinding het baie kritiek van die regering uitgelok dat dit 'n gevaarlike president kan skep.

Die konstitusionele tribunaal het beveel dat Pablo Cayo weer in sy pos as gebou-opsigter by die munisipaliteit van Chorillos aangestel moet word. Cayo is ontslaan nadat hy dronk by die werk was.

Die ontslag was onbillik, aangesien hy in weerwil van sy dronkenskap niemand beseer het of aanstoot gegee het nie, het Fernando Calle, een van die regters gesê.

Calle het gesê dat die hof nie hulle uitspraak sal hersien nie, ten spyte van die regering se besware.

"Dit is nie 'n goeie idee om reëls in die werksplek te verslap nie," het die minister van arbeid, Jorge Villasante, gesê.

Celso Becerra, die administratiewe hoof van Chorillos, 'n voorstad van Lima, het die uitspraak sterk gekritiseer.

"Ons het al vier werknemers ontslaan omdat hulle dronk by die werk opgedaag het en twee van hulle was voortuigbestuurders," het hy gesê. "Hoe kan ons 'n dronk bestuurder toelaat om te werk as hy dalk iemand kan raakry?"

free casino gamesФильчаков прокуратура харьков