Pres. Robert Mugabe van Zimbabwe het Woensdag tydens ‘n toespraak in die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering teen die VSA, die VN en NAVO uitgevaar oor die manier waarop die Libiese leier, Moeammar Gaddafi, dood is. Hy het Gaddafi se “tragiese” dood met die dood van die Amerikaanse ambassadeur vir Libië, Christopher Stevens vergelyk. Stevens
Corrie se vermeende moordenaars vas
Drie swartes is Donderdagoggend aangekeer vir die moord op die voormalige swaargewig-bokskampioen Corrie Sanders. OFM berig die drie Zimbabwiërs, tussen 19 en 20 jaar oud, is om 10:00 in die Oukasie-plakkerkamp naby Brits in hegtenis geneem. Die polisie het inligting ontvang wat hulle na ‘n huis gelei het waar twee van die vasgetrek is. Die
Staking raak gewelddadig, brandstof kan opraak
Stakende vragmotorbestuurders in Kaapstad en Johannesburg wat nie aan die staking deelneem nie, se vragmotors is gevandaliseer. RSG berig ‘n beraamde 20 000 vragmotorbestuurders staak landwyd en eis ‘n salarisverhoging van 12% elke jaar tot en met 2014. Sewentien voorvalle van geweld teen nie-stakende bestuurders is die laaste twee dae aan die Oos-Rand in Gauteng
Tergende vrae oor Sanders se dood
Vrae is opnuut geopper oor hoekom die voormalige bokskampioen Corrie Sanders nie na ‘n privaathospitaal of ‘n hospitaal nader aan die restaurant geneem is nie, berig Eyewitness News. Sanders is deur rowers in die maag geskiet en is Sondagoggend in die Kalafong-hospitaal in Pretoria dood. Die Brits-medikliniek is net sewe minute ver van die Thatch
Drie ANC-lede geskiet
Drie lede van die ANC is gewond toe gewapende mans tydens ‘n vergadering van die uitvoerende komitee in Welbedacht naby Chatsworth, Durban, skote afgevuur het, het die party se tak in KwaZulu-Natal gesê. Senzo Mkhize, provinsiale woordvoerder vir die ANC, sê Mbuzeni Ximba (takvoorsitter), Sbu Mpanza (adjunk-takvoorsitter) en Bulelani Njoli (wykskomiteelid) is Woensdagaand geskiet. Mkhize
Breëband wink, minister moet mikstok nog ontdek
Telkom betaal nou die prys van hulle dom besluite en inmenging deur die regering, terwyl die buitelandse telekommunikasiereuse, almal getroue “ANC-ondersteuners” seker glimlag. “Wesensverdienste per aandeel uit voortgesette bedrywighede vir die ses maande wat op 30 September hierdie jaar geëindig het sal ten minste 65% laer wees as die vergelykende tydperk in die vorige jaar,”
Lees verder: Breëband wink, minister moet mikstok nog ontdek
Sportminister moedig ekonomiese bevryders aan
Die ANC-jeugliga moenie om verskoning vra vir ekonomiese vryheid en die nasionalisering van myne nie, het Fikile Mbalula, lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, Woensdag gesê. “Julle is die enigstes wat die debat oopgestel het,” het Mbalula aan studente by Wits Universiteit in Johannesburg gesê. Hy het gepraat tydens die ANC-jeugliga se 68ste
MRK gaan grondgryp-hoofman ondersoek
Die Suid-Afrikaanse menseregtekommissie is gevra om hoofman Phatekile Holomisa te ondersoek nadat hy ‘n beroep op Suid-Afrikaners gedoen het om teen volgende jaar grond van blankes terug te eis, het die Afrikanerbond Woensdag gesê. Jan Bosman, hoof-sekretaris van die Afrikanerbond, sê die uitlatings deur Holomisa is ‘n aanhitsing tot geweld en omdat hy verwys het
‘n Tipiese Weskaapse moordslagoffer
‘n Tipiese moordslagoffer in die Wes-Kaap was waarskynlik gelem, vol alkohol en was ‘n swart man tussen die ouderdom van 18 en 35, het ‘n koerant berig. Cape Argus berig dié profiel was die uitslag van ‘n verslag wat die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid saamgestel het. Die verslag verwys na moorde van 2008 tot 2011.
Staatshopitale: Wees gewaarsku!
In die lig van Corrie Sanders se dood, wil ek graag vir julle vertel van my eie ondervinding met staatshospitale. Ek gaan dit redelik ver haal, sodat julle die volle impak kan ervaar. My ouers was staatspensionarisse gewees, my pa is intussen oorlede. Hulle het nie mediese fondse nie, en is afhanklik van staatsmedies. Dit
