Tergende vrae oor Sanders se dood

Vrae is opnuut geopper oor hoekom die voormalige bokskampioen Corrie Sanders nie na ‘n privaathospitaal of ‘n hospitaal nader aan die restaurant geneem is nie, berig Eyewitness News.

Sanders is deur rowers in die maag geskiet en is Sondagoggend in die Kalafong-hospitaal in Pretoria dood.

Die Brits-medikliniek is net sewe minute ver van die Thatch Haven-restaurant, waar Sanders Saterdagaand tydens ‘n gewapende rooftog gewond is. Die Kalafong-hospitaal is baie verder – ogeveer45 minute ver – van die restaurant.

Die Brits-medikliniek het gesê hy het ‘n 24-uur noodeenheid met chirurge wat Sanders se geval sou kon hanteer. Volgens die hospitaal het hy nooit ‘n versoek rakende Sanders van paramedici ontvang nie.

Sanders se familie het gesê die Hartbeespoort-reddingseenheid het aan hulle gesê hy kan nie na die Brits-medikliniek geneem word nie, omdat hy nie ‘n mediese fonds het nie.

Dit is nie duidelik hoekom paramedici Sanders na ‘n verder hospitaal geneem het nie.

Die reddingseenheid wou nie kommentaar lewer nie.

Данильченко Юрий отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae