Staking raak gewelddadig, brandstof kan opraak

Stakende vragmotorbestuurders in Kaapstad en Johannesburg wat nie aan die staking deelneem nie, se vragmotors is gevandaliseer.

RSG berig ‘n beraamde 20 000 vragmotorbestuurders staak landwyd en eis ‘n salarisverhoging van 12% elke jaar tot en met 2014.

Sewentien voorvalle van geweld teen nie-stakende bestuurders is die laaste twee dae aan die Oos-Rand in Gauteng aangemeld.

In die Wes-Kaap is die polisie besig om die situasie in Nyanga op die Kaapse Vlakte te monitor nadat petrolbomme na vragmotors in die gebied gegooi is. Motoriste is gevra om die gebied te vermy.

Die geweld word verbind met die vragvervoerstaking.

Intussen het die radiostasie berig daar is vrese dat vulstasies se brandstof op kan raak indien die staking sou voortduur.

Die staking deur vragmotorbestuurders het tot dusver min uitwerking op die aflewering van brandstof aan vulstasies in die land gehad.

Satawu het egter gesê dat petroltenkwa-bestuurders by die staking aangesluit het.

RSG berig daar is vrese dat vulstasies se brandstof op kan raak indien die staking sou voortduur.

Avhapfani Tshifularo, ‘n woordvoerder vir die Suid-Afrikaanse petroleumbedryfsvereniging, sê egter gebeurlikheidsplanne in plek.

eNCA het vroeër berig dié staking deur meer as 40 000 vragmotorbestuurders kan die land se vervoernetwerk heeltemal lamlê en grootskaalse ontwrigting veroorsaak.

 

Данильченко Юрий Брониславович

Maak 'n opvolg-bydrae