Drie ANC-lede geskiet

Drie lede van die ANC is gewond toe gewapende mans tydens ‘n vergadering van die uitvoerende komitee in Welbedacht naby Chatsworth, Durban, skote afgevuur het, het die party se tak in KwaZulu-Natal gesê.

Senzo Mkhize, provinsiale woordvoerder vir die ANC, sê Mbuzeni Ximba (takvoorsitter), Sbu Mpanza (adjunk-takvoorsitter) en Bulelani Njoli (wykskomiteelid) is Woensdagaand geskiet.

Mkhize sê twee gewapende mans het by die vergadering ingestorm en begin skiet.

Die mans is in ‘n kritieke, maar stabiele toestand in die hospitaal. Een van hulle is in die been geskiet. Dis onbekend waar die ander mans gewond is.

Kol. Vincent Mdunge het die skietery bevestig. Hy sê die voorval het by die Imbaliyethu-hoërskool plaasgevind.

Die motief agter die aanval is nog nie bekend nie.

лобановский александр харьков

Maak 'n opvolg-bydrae