{jathumbnail off} липецк оборудованиетопкарго отзывы
Vang hulle, hang hulle
Die argument uit sekere kringe dat Zuma eers die grondwet moet verander om polisiebeamptes se magte om maksimum geweld te mag gebruik, uit te brei, is loutere onsin. Dis bloot eerder ‘n poging van die elite om die eerste skoot te vuur om verandering aan ons grondwet aan te bring. Sou hulle hierin slaag sal
Swaziland het die kolonialisme voorlopig oorleef
Die grootste enkele skade wat die Britse kolonialisme en imperialisme in Afrika gedoen het, is om die Westminster-stelsel van een-mens-een-stem op ‘n andersoortige sosiale werklikheid af te forseer. Die resultaat is dat vreemde ideologieë (sosialisme, kapitalisme, ens.) binne ‘n veelpartystelsel die stamgerigte sosiale orde ontwrig en selfs vernietig het. Een van die weinige Afrikalande wat
Lees verder: Swaziland het die kolonialisme voorlopig oorleef
Keiserslaai
{jathumbnail off} Soet slaaiblare smaak die lekkerste in hierdie slaai. Probeer romaine of botterslaai: Een kop, vars en goed afgespoel vir vier mense. Kook vier eiers, net matig, nie te hard nie, en sny in kwarte. Braai twee snye wit brood wat in blokkies gesny is in olyfolie en ‘n toontjie knoffel tot bros en
Oor dronk regters en ‘Boere’
Die voortgesette mediasirkus rondom regter Motata, die beroemdste Jaguar-bestuurder in die land, het ‘n interessante etimologiese feit na vore gebring. Volgens hom bevat Sotho geen onderskeid tussen Engelse en Afrikaanse blankes nie en word daar eenvoudig na hulle as “leburu” verwys. Te midde van die huidige opwelling in anti-wit gevoelens in Suid-Afrika, is sy verklaring
Selfsugtige Aussies buit Kampioenskap
Nieu-Seeland, so het dit gister gelyk, het twee kanse gehad om Australië in die eindrondte van die IKR se Kampioenskapstrofee te klop: Óf Daniel Vettori sou die Aussies moes kis boul, óf Brendan McCullum sou hulle moes kis slaan. Gister, voor die eerste aanloop op die Wanderers uitgemeet is, het Vettori weens ‘n besering onttrek.
ANC kap VF+
Die ANC het Maandag teruggekap nadat die VF+ hulle aangemoedig het om dissiplinêre stappe teenoor Julius Malema en die ANC-jeugliga te neem. Volgens Brian Sokutu, ANC-woordvoerder, is dissiplinêre optrede teenoor lede van die party ‘n interne saak en kan niemand hulle aansê wat om te doen nie. “Indien optrede nodig is sal ons self daaroor
Franse presidentspaar speel op die net
Die presidentsvrou van Frankryk, Carla Bruni-Sarkozy, het Maandag ‘n webwerf geloods waarop sy haar liefdadigheidswerk sal bekendstel asook sal gesels oor haar lewe saam president Nicolas Sarkozy. Bruni, wat reeds ‘n bekende sangeres was voor sy met die president getrou het, het ook ‘n webwerf waar sy haar sangloopbaan bemark. Haar nuwe webtuiste fokus op
Hlope trek appèlsaak terug
Die Wes-Kaapse regterpresident, John Hlophe, sal die appèlsaak wat hy in die konstitusionele hof hangende gemaak het, terugtrek. Die appèl spruit uit ’n klag wat twee regters van die konstitutionele hof, Bess Nkabinde en Chris Jafta, by die Regterlike Dienskommissie (RDK) teen Hlophe gelê het. Nkabinde en Jafa het Hlophe in Mei verlede jaar daarvan
ANC-minister dreig met ‘grondhervorming soos in Zimbabwe’
Die minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, Gugile Nkwinti, het oor die naweek gedreig dat grondhervorming na die Zimbabwiese model in Suid-Afrika toegepas gaan word. Nkwinti het op Vryheid in Kwazulu-Natal gesê: “Ons het gesien wat in Zimbabwe gebeur het, dit gaan hier gebeur omdat grond ‘n sleutelkwessie tydens bevryding is.” (In die oorspronklike Engels
Lees verder: ANC-minister dreig met ‘grondhervorming soos in Zimbabwe’
