Die 25-jarige weerkundige Johann Jamneck is dood in ‘n klimongeluk by die Suid-Afrikaanse Suidpoolstasie, het die departement van omgewingsake Dinsdag gesê. “Spanlede het hul reddingstegnieke binne ‘n skeur geoefen toe die ongeluk (Sondag) plaasgevind het,” het die departement in ‘n verklaring gesê. Die oefeninge het ingesluit dat hulle by toue op- en afklim en katrolstelsels
80 ambulanse kry voete
Die bestuurder en hoof van administrasie van Limpopo se nooddienste word ondersoek vir finansiële wanbestuur, het die provinsie se departement van gesondheid en sosiale ontwikkeling Dinsdag gesê. Volgens woordvoerder Selby Makgotho is Bim Kerupashad, die bestuurder, en Herbert Phaahla, administratiewe hoof, drie maande gelede geskors “op grond van aantygings van wanbestuur van finansies.” “Die departement
Eskom wil meer gratis elektrisiteit uitdeel
Eskom wil volgende jaar die basiese gratis-elektrisiteitstoelaag aan arm huishoudings van 50 kW tot tussen 70 en 100 kW verhoog, het mnr. Jacob Maroga, uitvoerende beampte van Eskom, vandag gesê. “Die huidige gesprekke gaan oor ’n verhoging van tot 70 of 100 kW,” het Maroga gesê. Hy het gesê dat Eskom dié voorstel in sy
Cholera tref Tanzanië
’n Cholera-epidemie het 12 lewens die afgelope week in Tanzanië geëis. Dit is volgens ‘n woordvoerder van dié land se gesondheidsdepartement, Nsachris Mwamaja. Die afgelope sewe dae is 600 cholera-gevalle in die Afrikaland aangemeld. Meeste van die gevalle is in Tanga, wat in die noordoostelike deel van die land lê, met 511 siekes. Mwamaja het
Geld kon nie IOK ‘koop’ nie
Die Internationale Olimpiese Komittee, IOK, se president Jacques Rogge het Maandag gesê die bewys dat geld nie alles kan koop nie, is dat die keuse op Rio vir die 2016 Olimpiese Spele geval het. As geld ‘n kwessie was, het hy gesê, sou Chicago loshande gewen het. “As ons gedink het daaraan om ‘n klomp
Wêreldbank se geld raak op
Die Wêreldbank, wat gewoonlik steun aan arm lande verleen, moes soveel kontant uitdeel ná die globale finansiële krisis dat dit ‘n tekort vir nuwe projekte oor die volgende 12 maande ondervind. “Teen die middel van aanstaande jaar gaan ons ernstige beperkinge ervaar,” het die voorsitter van die Wêreldbank, Robert Zoellick, gesê tydens die loodsing van
Chuene-ondersteuner skree ook ‘rassisme’
Hendrick Mokganyetsi, die hoof van Atletiek Suid-Afrika, ASA, se atletekommissie, het Maandag sy steun vir ASA se beleerde president, Leonard Chuene, uitgespreek. “Chuene is en bly die president van ASA, waarvan ek ’n raadslid is. Natuurlik ondersteun ek hom.” Mokganyetsi het verder in ’n verklaring gesê dat hy gekant is teen ’n wegbreekkommissie binne die
Soektog na slagoffers afgelas
Die soektog na aardbewing-slagoffers in die verwoeste Indonesiese stad Padang is ná ‘n soektog van vyf dae afgelas. Priyadi Kardono, woordvoerder van Indonesië se rampbestuuragentskap, het Maandag bevestig dat die soektog na oorlewendes afgelas is. ‘n Aardbewing wat 7.6 op die Richterskaal registreer, het vyf dae gelede die Soematra-eiland geruk. “‘n Poging om oorlewendes te
Noorweë is die lekkerste plek op aarde
Suid-Afrika was maar 129ste op die lys van 182 lande wat lekker is om in te woon en Noorweë is die heel lekkerste. Noorweë is aangwys as die beste land in die wêreld om te woon deur ’n verslag van die Verenigde Nasies wat maandag Maandag vrygestel is uit data van 2007. Australië is in
Suur appels?
Dis nou ‘n geval van suur appels, nie druiwe nie. Die Australiese kettingwinkel Woolworths het Dinsdag gesê dat hulle deur die Amerikaanse tegnologiereus, Apple, gekasty word oor die gebruik van ‘n logo wat glo te veel soos die rekenaarmaatskappy s’n lyk. “Hulle het beswaar aangeteken, maar hulle het nie ‘n saak teen ons gemaak nie,”
