BP-olielek gestop

Die kabel wat bo-oor die olielekkasie in die Golf van Mexiko geplaas is, in ‘n poging om die lekkasie te stop, was suksesvol. Die gereedskap waarmee dié olielekkasie gestop moes word het Woensdag probleme gegee maar owerhede sê dié probleme is opgelos. Kent Wells, senior uitvoerende visepresident van BP, het tydens ‘n perskonferensie gesê dat

Lees verder: BP-olielek gestop

Twee passe weer gesluit

Twee Oos-Kaapse bergpasse is weer vir verkeer gesluit ná swaar sneeu. ‘n Woordvoerder vir Arrive Alive, Tsepo Machaea, sê die Lootsbergpas tussen Graaff-Reinet en Middelburg en die Wapadsbergpas tussen Cradock en Graaff-Reinet is tot verdere kennisgewing gesluit. Dit is die tweede keer dat bergpasse dié week gesluit word. Maandag is vier passe in die provinsie

Lees verder: Twee passe weer gesluit

Zuma vra kalmte oor xenofobiese gerugte

President Jacob Zuma het ‘n beroep om kalmte en eenheid gedoen te midde van berigte dat buitelanders uit Suid-Afrika vlug uit vrees vir hernieude xenofobiese geweld. Daar was reeds voorvalle van plakkers in die Wes-Kaap wat teen buitelanders opgetree het. Zuma het verwys na die xenofobiese haataanvalle in 2008 wat beleggersvertroue geknou het. Hy sê

Lees verder: Zuma vra kalmte oor xenofobiese gerugte

Polisie tevrede met misdaadsyfers vir WB

Net minder as 1000 misdade op wedstryd-dae is aangemeld in en om die land se stadions gedurende die Wêreldbeker-sokkertoernooi, het Nathi Mthethwa, minister van polisie, Donderdag gesê.  Die meerderheid van hierdie misdade was diefstal en rooftogte, het Mthethwa aan die media in Pretoria gesê. ‘n Totaal van 704 misdade is buite die stadions gepleeg, terwyl

Lees verder: Polisie tevrede met misdaadsyfers vir WB

Beskerming van inligting en mediavryheid

Met Gwede Mantashe en Blade Nzimande, twee kommuniste in die ANC-topkader, se woorde oor ‘n beoogde mediatribunaal skaars koud, maak ‘n wetsontwerp opspraak. In alle state is daar wetgewing wat sensitiewe staatsinligting weerhou van die publiek. Trouens, in Italië het die grootste gros joernaliste die afgelope week ‘n nuusboikot gehou teen wetgewing wat skielik ingestel

Lees verder: Beskerming van inligting en mediavryheid

ET-verdagte uit op borg

Borgtog is Woensdag in die landdroshof in Ventersdorp aan een van Eugène Terre’Blanche se vermeende moordenaars toegestaan. Landdros Magaola Foso het borgtog van R5000 aan mnr. Chris Mahlangu toegestaan.  Die sewe-en-twintigjarige Mahlangu moet voortaan twee keer per dag by die polisiekantoor in Mabopane naby Pretoria aanmeld. Familielede en vriende van die AWB-leier was hoorbaar geskok

Lees verder: ET-verdagte uit op borg

Nazi-Mickey is kuns sê Pole

‘n Enorme buitemuurse kunsplakkaat wat ‘n beeld van Mickey Mouse met ‘n swastika en ‘n kaal vrou se lyf bevat, maak groot opspraak in Pole, waar die herinneringe van die lyding as gevolg van die Nazi’s nog ‘n teer kwessie is.  Die plakkaat, wat in Junie naby ‘n sinagoge in Poznan opgerig is, is die

Lees verder: Nazi-Mickey is kuns sê Pole