Twee Oos-Kaapse bergpasse is weer vir verkeer gesluit ná swaar sneeu.
‘n Woordvoerder vir Arrive Alive, Tsepo Machaea, sê die Lootsbergpas tussen Graaff-Reinet en Middelburg en die Wapadsbergpas tussen Cradock en Graaff-Reinet is tot verdere kennisgewing gesluit.
Dit is die tweede keer dat bergpasse dié week gesluit word. Maandag is vier passe in die provinsie gesluit as ‘n voorsorgmaatreël teen nat, gladde paaie. Die weerkantoor het ysige weer vir Vrydag voorspel.
