Die minister van Veiligheid en Sekuriteit, mnr. Nathi Mthethwa, het die nuutste syfers vir aansoeke om die herlisensiëring van vuurwapens ingevolge die nuwe Wet op die Beheer van Vuurwapens (Vuurwapenwet), bekend gestel. Hy het geantwoord op ‘n skriftelike vraag van mnr. Pieter Groenewald (LP) van die Vryheidsfront Plus in die parlement. Volgens die antwoord van die minister is daar vanaf 2004 tot einde Januarie 2009 slegs 604 928 aansoeke vir bevoegdheidsertifikate en 881 136 hernuwingsaansoeke vir vuurwapenlisensies, ontvang. Die tydperk vir aansoeke verstryk op 31 Maart 2009. In Suid-Afrika is daar ongeveer 2 miljoen vuurwapeneienaars wat elk ‘n bevoegdheidsertifikaat moet kry en ongeveer 4 miljoen vuurwapens wat geherlisensieer moet word voor 30 Junie 2009.
Lees verder: Vuurwapenregister in chaos – afsnydatum onrealisties
