Inwoners van die Alexandra township, noord van Johannesburg, versper Londonweg met brandende bande in ‘n betoging oor swak dienslewering. ‘n Polisiewoordvoerder, Kim Cloete sê daar was nog geen geweld aangemeld nie. Sy het motoriste gewaarsku om Londonweg te vermy tot die betogers uiteen gejaag is en die pad opgeruim is. Die polisie monitor die situasie.
Lees verder: Swart inwoners in Johannesburg oproerig oor dienste
